Wednesday 29 November 2023

Braaibroodjies en die Tietiesbaai jaagduiwels - Koos se avonture hoofstuk 3

 Ek het fun gehad met hierdie een. Weereens dankie vir die mak AI wat dit onmoontlik gevind het om 'n prentjie te maak vir die storie sonder automatiese gewere. 

Links na die vorige hoofstukke vir ingeval jy per ongeluk hier uitgekom het:

Hoofstuk 1: Hoe om Kerrie te maak

Hoofstuk 2: Kreefkerrie en die geheim van die Weskus. 

...en nou die voortsetting van die avonture van Koos die onwillige zombie slayer. 

Hoofstuk 3: Braaibroodjies en die Tietiesbaai jaagduiwels


Na 'n behoorlike nag se rus en die eerse koppie sawwe lyf after die rug pak ons ons kampplek op en besluit om weer te gaan kyk of ons enige spoor kan kry van Rudolf Malan, die toksikoloog wat die geheimsinnige nuwe tik geanaliseer het. Gister se halfhartige gesoek en rondry het nie veel opgelewer nie. Ons het beide nog bietjie bomskok gehad van die geweldadige ervaring in die Kaapse nagklub. Ek besef weer watse onglooflike vrou Daleen is. Sy is vol moed en grappe vanoggend.

Op pad terug Paternoster toe gee sy my bietjie insig oor Tik en die details van die analise wat Rudolf Malan voorsien het. Volgens sy verslag was daar nie veel verandering in the Tik wat hulle gereeld sien nie. Tik is 'n methamfetamien gewoonlik in die vorm van kristalmetafetamien wat meesal in Kaapstad en die Wes Kaap gebruik word. Dit is goedkoop om te vervaardig en die resep is maklik verkrygbaar op die internet so enige Jan Rap en sy maat kan dit maak. Die verskil tussen Tik en variante soos crystal meth wat gewoonlik ander dele van die wereld gesien word is dat Tik meer gekonsentreerd is en vinniger werk met 'n groter effek. Dit is hoogs verslawend en gee 'n kragtige onmiddellike hoog gevolg deur 'n baie skerp laagtepunt. Die groot gemors van Tik is die emesionele en psigise gevolge wat dit op die slagoffers het en die psigotiese episodes wat die gebruikers ervaar. Sedert 2008 is Tik die grootste in dwelm misbruik in Kaapstad, selfs meer as alkohol. Ek onthou ek het een dag 'n ou op tik gesien wat besig was om met 'n robot in die verkeer te baklei asof dit sy vrou is, besig om dit te skel dat die skuim om sy mond staan. Die tik zombie wat ek in die parkeerarea in Kaapstad raakgeloop het het my hare laat regop staan.

Daleen vertel dat Rudolf Malan se verslag niks buitengewoon gehad het nie maar sy het die gevoel dat daar meer is as wat in die verslag is.

In Paternoster kry ons die huis waarna Pietertjie van die Pantybar verwys het. Dit is daadwerklik 'n indrukwekkende huis en lyk soos 'n spaanse columbia druglord se plek met pilare en al voor die voordeur. By die hoofhek is daar 'n interkom met 'n kamera. Ek lui die klokkie en kry onmiddellik antwoord. Dis 'n baie kortaf “Go away”. Ek druk weer die knoppie van die klokkie en val die persoon in die rede. “Are mister Malan at home, we would like to see him please.”

Na 'n paar minute en paar klokkie drukke later gaan die hek oop. Ons ry tot voor die huis waar daar 'n man vir ons staan en wag.

“Dis hy!” se Daleen opgewonde. Hy is 'n man in sy vroee veertigs wat geklee is in 'n netjiese broek en formele langmou hemp, nie die gewone drag van iemand wat by sy vakansiehuis is nie. Sy donker hare het tekens van grys maar is vol, nie soos myne wat begin verminder het daar waar dit nie moet nie.

Hy groet ons met 'n groot glimlag en omhels vir Daleen wat my laat ongemaklik voel. Met 'n “Rudolf” skud hy my hand met 'n stewige greep. “Wat bring julle hier?” vra hy. Hy maak geen poging om ons in te nooi nie en staan waar hy is.

“Ek wil graag by jou hoor oor die verslag wat jy vir ons gegee het oor die nuuste Tik variant wat ons gekry het, ons het nuwe gedrag van die gebruikers gesien en wil hoor of daar enigiets in die toksologie is wat dit kan verduidelik?” vra Daleen.

“Nee, die monster wat ek analiseer het was standaard, daar was bietjie ekstra onsuiwerhede maar dit is te verwagte. Die labs waar dit gemaak word is nie juis skoon nie” se Malan.

Daleen vertel kortliks van haar ervaring in die nagklub en dat dit lyk asof hulle zombies was wat saamgewerk het. Malan se “Nee dit kan niks met die Tik te doen he nie. Dit was skoon en jy kan psigotiese eienskappe verwag maar defnitief nie wat jy vertel nie. Jammer julle moet my verskoon, ek het ander betrokkenhede waaraan ek moet aandag gee. Julle moet die Weskus geniet en 'n veilige rit terug Kaap toe”

Toe hy omdraai en terug stap huis toe vra Daleen hom of hy enigiets gehoor het van die lyke van die tikgebruikers wat hier naby gevind is. “Nee” se hy “Dit moet maar blootstelling wees, jy weet hoe hulle is as hulle Tik in het. Totsiens”

“Sjoe, dit was eienaardig.” se ek aan Daleen. “Ja nogal maar Rudolf het 'n bietjie van 'n reputasie om verhewe te wees” verduidelik Daleen.

Ons besluit om bietjie verder rond te ry en te sien of ons by die Cape Columbine lighuis 'n draai kan maak en verby ry waar die twee lyke gekry is. Op pad na die lighuis sien ek die ingang van 'n grondpaadjie wat weg van die see af loop. Ek vermoed dit is hier waar die vissermanne die swart motors gesien het. Die landrover hanteer die paadjie maklik. Met 'n gewone motor gaan dit lol om hier op te ry. Die pad lyk verweerd asof dit heelwat verkeer gekry het. Omtrent 'n kilometer of twee verder sien ons 'n paar werkershuisies maar met 'n splinternuwe staal skuur opgerig langsaan. Die huisies lyk vernuwe met solar panele op die dakke. Daar is ook 'n hoe toring met verskeie sateliet skottels en meer solar panele baie hoog in the toring. “Kom ons stop hier.” Se ek vir Daleen. “Ons maak asof ons toeriste is wat soek vir aanwysings”. Agter die een van die werknemer huisies sien ek 'n stuk van 'n swart SUV uitsteek. Dit lyk soos 'n Volkswagen.

Ons stop by die skuur en Daleen loer by een van die vensters in. Wit in die gesig draai sy na my toe en fluister vir my, “Kom Koos ons moet vinnig hier weg!” Ek kan nie help nie en loer ook deur die venster. Dit lyk soos 'n laborarium binne. Daar is 'n persoon met 'n masker wat lyk soos die gasmakers van die tweede wereld oorlog. Die persoon draai na my toe en lyk asof hy my gesien het. Ek hardloop terug na die Landrover waar Daleen klaar vir my wag.

Hierna gebeur die dinge vinnig en in retrospek laat dit my dink aan braaibroodjies. Ordentlik braaibroodjies verg ondervinding, finess, en sorgvuldige aanmekaar sit. Ek praat nou nie van die margerine en gerasperde kaas namaaksels met hulle hompe uie op nie. Die jaagtog wat volg het al die aspekte van 'n ordentlike braaibroodjie.

Ons is nog nie halfpad met die grondpaadjie terug na die teerpad toe nie toe ek die swart Volkswagen Tiguan in my truspieeltjie sien wat vinniger as ons die grondpaadjie afkom. Kort kort wil die Tiguan die Landrover probeer afdruk van die paadjie af maar ons is groter en is meer gemaak vir die tipe paaie en ons kom in een stuk by die teerpad aan. Op die teerpad is die bordjies verhang en die Tiguan is vinniger en meer hanteerbaar. Ek het jare terug redelik baie Need for Speed gespeel en daar is 'n move wat ek altyd in gedagte gehad het dat as ek in 'n jaagtog betrokke is, ek dit sou wou probeer.

Die Tiguan is reg agter ons en ek hoor 'n skoot klap. Hulle skiet op ons! Daleen duik plat. Ek sien hy is omtrent op ons en ek trap baie hard rem. Die Tigaun is te stadig om te reageer en swaai uit om ons nie te tref nie. Toe hy halfpad langs ons verby is swaai ek die Landrover hard binne die Tiguan se agter sykant sodat sy agterwiele traksie verloor. Hy verloor beheer en begin omswaai. Die volgende oomblik steek die wiele vas en hy begin rol. Na 'n paar keer se rol kom dit tot stilstand in the rotse langs die pad.

Ons stop ook en na 'n paar minute sien ons geen beweging van die Tiguan af nie. Daar was twee mense in die motor. Beide dood. Hulle het klere soos sekuriteitswagte aan. Die motor le op sy dak en versigtig gaan ek nader om seker te maak of hulle nog lewe. Op pad na die motor sien ek 'n aktetas wat in die rotse le. Dit moes op die agtersitplek gewees het en met rol van die motor uitgeval het. Nadat ek seker gemaak het die mense is nie meer met ons nie keer ek terug na die Landrover en 'n Daleen in trane.


As julle op die soek is vir die resep vir regte braai broodjies het ek een in 'n vorige pos:

https://kosserasies.blogspot.com/2022/07/olyf-tapenade-braaibroodjie.html

Kyk uit vir hoofstuk 4!

Vir interesantheid die prent is hoe Chat GPT vir Koos en Daleen voorgestel het by Rudolf Malan se huis:

Mooibly

Dirk



No comments: