Friday 23 July 2010

Pesto

Ek het hierdie blog begin deur te skryf van goed wat lekker is om te eet en die ervaringe om dit te maak, maar my lewe het soveel verander en kos het al hoe kleiner rol begin speel dat hierdie blog ook begin raak het aan meer as net kosmaak.

Om iets spesiaal vir iemand spesiaal te maak is die spice van die lewe. Dit wat jy insit in die ete is ook hoe dit ervaar gaan word. Bestandele wat hier saakmaak is die omgee gedeelte, die fun gedeelte, die beplanning gedeelte, die uitsien gedeelte. Partykeer as mens gelukkig is is daar 'n ete wat uitstaan en wat jy tot jy krom is van ouderdom sal onthou. Daarmee se ek nou ook nie dat elke ete wat mens eet of maak 'n dieper betekenis het nie, jinne mens moet partykeer ook net eet omdat jy honger is en kos drasties nodig het.

Een van die kosserasies wat die laaste ruk aan my lewe geraak het is pesto. Basil, knoffel, neute, permesaan of pecorini kaas en olyfolie. Hiervoor het jy 'n pestel en mortar nodig. Verkieslik 'n groot genoeg klip een. Mens kan seker 'n elektriese ding gebruik, maar dit is net nie dieselfde nie. Dit moet fyngedruk en gestamp word om die geure van die bestandele uit te kry. Dit gee ook 'n growwer tekstuur as wat jy dit net elektries verwring. Dit is ook baie lekkerder om te maak as jy dit self fynstamp. Die ding hiermee is om dit net te probeer. Dit is verbasend maklik eintlik. Die bestandele is relatief maklik om in die hande te kry en daar is baie variasies op die tema. Loop maar net in een van die markte waar pesto verkoop word en proe die verskillende variasies en vind bietjie uit wat alles daar ingegooi word. Die gebruike daarvan is ook baie meer as net vir pasta.

Klasieke pesto:
Basil (PnP of WW verkoop dit gewoonlik vars)
Knoffel
Pine nuts, maar ander neute werk ook goed, gebruik jou gunsteling. Persoonlik hou ek van macadamias.
Harde kaas, pecorini of permesaan
Olyfolie

Eksprimenteer met die hoeveelheid van elkeen. Ek gebruik gewoonlik omtrent twee knoffelhuisies per pakkie basil. 'n Handvol neute en 'n handvol fyn gerasperde kaas. Maal die alles fyn in 'n mortar en meng dan olyfolie in.

Een van die lekkerste goed saam met pesto is om dit saam met hoender te gebruik. Sny hoenderborsies repies en meng met die pesto. Bak dit in die oond en dit is 'n ongelooflike maaltyd, gesond ook. Of maak hoender gordon blue met pesto in die hoender. Saam met die kinners oor die naweek het ek 'n rog broodtjie gekoop. Dit is so lekker saam met pesto en geroomde maaskaas.

Cheers!
Dirk