Tuesday 7 November 2023

Geïnspireerde Hoenderborsie met 'n Shinese Twist

 

Hierdie is die eerste posserasie wat ek doen wat die pos geskryf is voor ek die kos gemaak het!  Dit het bietjie van 'n storie en paar bestandele wat ook 'n storie het.

Eers bietjie oor die bestandele en die stories daaraan. 

Die heel hoenderborsies met vel en been aan is goedkoop en een van mees veelsydige gebruike van omtrent enige protein beskikbaar. Pastei, stir-fry, blokkies, kerrie, slaai en soveel meer. 

My suster het genoem dat sy die Amazi suur melk gebruik het om haar eie maaskaas te maak en my aangemoedig om dit ook te probeer. Dis eientlik verbasend maklik en baie lekker. Die proses is baie eenvoudig: Dreineer die Amazi deur dit in 'n lappie binne 'n kolander te sit met 'n gewiggie op en laat staan oornag in die yskas. 

Ek hou van eksperimenteer met interesante geure en gebruik somtyds oosterse bestandele wat ek inkorporeer in die gewone goed wat ons maak. Een van my gunstelinge is Fermenteerde black bean chillie paste wat ek by die shinese supermark gekoop het om te probeer.

So om by die storie van die kos uit te kom, het ek 'n pakkie van die hoenderborsies wat van die naweek af in die yskas is om gebruik te word vir iets. Ek het die maaskaas wat ook in die yskas wag en ek het broccolie en blomkool en spinasie wat gebruik moet word voordat dit begin intelligensie kry. Ek het ook hierdie interesante yster pannetjies wat ideaal is vir een-persoon-per-pannetjie geregte. Dit kan op die stoof gebruik word en dan in die oond gesit word wat baie fun is om te doen. Ons kyk partykeer wie die mees interesante gereg kan maak hiermee.

Deesdae doen ek bietjie programering vir 'n projek waaraan ek werk en gebruik heelwat vir GPT4 as assistent om te help daarmee. Ek het met die mak AI gesels om bietjie inspirasie te kry en dit het vorendag gekom met die gedagte om die hoenderborsies te stuff waaraan ek nog nie gedink het nie. So in die gesels het ek  die beplanning gedoen en dit sommer gevra om vir my die blog post te skryf. Dit is so oulik dat ek dit net so hier pos woord vir woord:

GPT4 geskrifte:

Titel: Geïnspireerde Hoenderborsie met 'n Sjinese Twist

Welkom by my kombuistafel! Vandag deel ek 'n resep wat 'n bietjie avontuur in jou aandete sal bring. Dit is nie net 'n fees vir die oog nie, maar 'n smaaksensasie wat elke sin prikkel. Ek nooi jou uit om saam met my te kook en die rykdom van geure te ervaar met hierdie geïnspireerde hoenderborsie gestop met 'n mengsel van fyn uie, vars spinasie, skerp brandrissies en tuisgemaakte maaskaas.

Die hoender, wat heel gelaat word met die been in, skep 'n robuuste basis vir die ryk en romerige vulsel. Elke hap beloof om jou smaakkliere op 'n toer deur die Ooste te neem, met 'n delikate balans tussen die hitte van die rissies en die sagtheid van die maaskaas.

Maar dis nie al nie – die hoogtepunt van hierdie gereg is die sous. 'n Room sous verfynd met 'n verminderde clementine-sous en 'n tikkie soja en gemmer. Dit word by die hoender gevoeg in die laaste minute van bak om seker te maak dat elke geur ten volle ontwikkel en saamsmelt.

En om alles af te rond, 'n vars gremolata met 'n sitrusskilletjie wat jou gereg 'n varsheid gee wat net die natuur kan voorsien. Of jy nou op soek is na 'n nuwe weekaand gereg of iets spesiaals vir 'n ete met vriende, hierdie resep is seker om te beïndruk. Kom ons begin!

Hoenderborsies Gevul met Brandrissie en Maaskaas, Met 'n Sjinese Room Sous

Bestanddele:

  • 2 hoenderborsies met been en vel
  • 1 medium ui, fyngekap
  • 1 handvol vars spinasie, gekap
  • 2-3 brandrissies (afhangend van hittevoorkeur), fyngekap
  • 100g tuisgemaakte maaskaas
  • Broccoli en blomkool roosies, vooraf effens gestoom of gemikrogolf
  • Zest van 1 clementine
  • Sap van 3-4 clementines, verminder
  • 1 teelepel sojasous
  • 'n Klein stukkie gemmer, gerasper
  • 250ml room
  • Sout en swartpeper na smaak
  • Olie vir braai

Vir die Gremolata:

  • Zest van 1 clementine
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 eetlepels vars koljander, fyngekap
  • 1 eetlepel lente-ui, fyngekap
  • 'n Klein bietjie sesamolie (opsioneel)

Instruksies:

  1. Voorverhit die oond tot 190°C.
  2. Maak die Vulsel: Braai die ui, spinasie en brandrissies in 'n bietjie olie tot sag. Laat dit afkoel en meng dan met die maaskaas. Geur met sout en peper.
  3. Vul die Hoender: Sny 'n sak in elke hoenderborsie en vul dit met die ui en maaskaas mengsel. Seël die hoenderborsies met tandestokkies indien nodig.
  4. Braai die Hoender: Verhit olie in 'n oondvaste pan en braai die hoenderborsies aan elke kant tot goudbruin.
  5. Voeg Groente by: Voeg die voorafgestoomde broccoli en blomkool roosies by die pan rondom die hoender.
  6. Bak: Bak in die voorverhitte oond tot die hoender amper gaar is (ongeveer 25-30 minute, afhangende van die grootte van die borsies).
  7. Maak die Sous: Terwyl die hoender bak, kombineer die verminderde clementine sap, 'n bietjie gerasperde gemmer, sojasous en room in 'n pot. Laat dit prut tot dit 'n bietjie verdik. Proe en pas geurmiddels aan soos benodig.
  8. Sous en Hoender: In die laaste 10 minute van bak, smeer die hoender en groente met die room sous om die geure te laat kombineer.
  9. Laat Rus: Haal die hoender uit die oond en laat dit 'n paar minute rus.
  10. Maak die Gremolata: Meng al die gremolata bestanddele terwyl die hoender rus.
  11. Bedien: Sprinkel die gremolata oor die hoender net voor opdiening.
Uiteindelike maak

Die maak hiervan was ook weer 'n storie op sy eie wat ek dink kan entertaining wees. So terwyl ek chop en skil en kerf dink ek ek wil vir my suster vertel dat ek haar maaskaas reseppie gedoen het en hoe ek dit gaan gebruik. Met oorfone in bel ek haar en vertel daarvan. So terwyl ons gesels is ek besig om die pruie (O ja ek het die uie met pruie  wat moes gebruik word vervang) en spinasie en halwe Ghost Chillie van laasjaar se oes in 'n pan met botter te braai. Die ghost chillie is super warm en die gasse wat hy afgee is baie erg. Ek kon later nie meer asem haal in die kombuis van die gasse van die chillie en deur die gesels en die hoesbui van die gasse sit ek die plaat af. 'n Paar minute later kon ek nog steeds nie verstaan hoekom die gasse nie minder raak nie en ek nog minder kan assemhaal nie. Ek het toe nie die gas aftesit nie maar net afgedraai! Die spinasie het toe omtrent heeltemal uitgedroog maar was perfek vir die vulsul. 

Die Gremolata wat ek gemaak het deur verder te eksperimeteer was oorbodig en bietjie skerp geure vir die gereg en ek het dit nie gebruik nie. 

Die ghost chillie wat my so gas gegee het was nie te erg in die gereg nie want dit was net in die vulsel en het net 'n mooi hitte aan als gegee. 

Vir die finale voorsit het ek die borsie opgesny en terug gesit in die pannetjie met die sous.


 Ek moes die deel ☺

Lekker kosmaak!

Dirk



No comments: