Ek het oor tyd 'n hoendervlerkie resep/metode wat ons goto is vir vinnige kosmaak of vliek aand. Ek het gedink dis hoog tyd dat ek dit dokumenteer. Veral na my ongekende sukses van my vorige blog pos.
Hier is ook bietjie van 'n aanloop en filosofie agter hierdie vlerkies. Ek weet daar is ongetelde resepte en metodes vir chicken wings, Google dit net bietjie en kyk na die prentjies. Met alle nederigheid wil ek noem dat hierdie beter is as wat ek nog andersins gehad het.
Die gedagte is dat die vlerkies met 'n droë meel en speserye mengsel bedek word en so gebak word. Net voor dit klaar is smeer jy botter oor die vlerkies en bak to crispy. Dis die kort weergawe.
Vorige weergawes van my droë mengsel het bestaan uit meel, sop poeier, 'n variasie van speserye, vars chillies of kombinasie daarvan. Die meel was die belangrike bestandeel want dit gaan die botter absorbeer en dit heerlik crispy maak.
Ons doen mos nou egter die lae koolhidrate/keto ding en meel in hoeveelhede is uit. Ek wou nuwe manier kry om dit te doen. Ek het van die normale lae koolhidrate alternatiewe gebruik en 'n paar beswaarlik eetbare weergawes gehad. Dit werk net nie dieselfde nie.
Tapioca meel is die geheime bestandeel. Dit het minder as die helfte van die koolhidrate van gewone meel en die resultate is beter. Dit verg ook net twee telepels Tapioca meel wat net 'n gram of drie koolhidrate bevat.
Die volgende belangrike aspek is die speserye mengsel en chillie oorweging.
Persoonlik kan dit nie warm genoeg wees nie. Ek het dit al met 'n reaper, ghost chillies, scorpion chillies en diesulkes gedoen. Gewoonlik maak ek twee batches, een vir die armsalige mense wat dink chillies is evil. 'n Klein bietjie Cayene peper is die minste as jy nie capsicum kan hanteer nie.
Ek hou van om met speserye en kruie te eksperimenteer en my laaste weergawe wat ek onder uiteensit was net eenvoudig die beste. Van die speserye onder mag dalk bietjie eksoties klink as jy nog nie gebruik het nie maar dit is die moeite werd om te probeer en dit is geredelik beskikbaar by die meeste supermarkte.
Die metode is egter wat hierdie vlerkies so besonder maak. Hulle word net so droog gebak en word nie gedraai nie. Die droë meel en speserye mengsel hou al die juices binne en jy gaan nie uitgedroogde of ondergaar vlerkies kry nie. Die botter voor die klaar is is belangrik om die meel nat te maak en die crispy buitekant te kry.
Hoender vlerkies
- 1 en half Teelepel Sichuan peper
- 1-2 Teelepels gedroogde knoffel vlokkies
- 2-3 Teelepels gedroogde uie flokkies
- 1 Teelepel gedroogde pietersielie (Parsley)
- 3 Kruie Naeltjies (Cloves)
- 1 gedroogde super warm chillie - of minder warm gedroogde chillie - of o weë bietjie cayene peper
- 1 Teelepel Aromat - of sout of soortgelyk
- 2 Teelepels Tapioca meel
- Botter vir smeer
Nota, my teelepels bo is net omdat ek 'n teelepel gebruik het, nie omdat dit 5 ml is nie! Opgehoopte teelepels.