Thursday 14 December 2023

Sjokolade, piesang en habanero hoender gebak

 

Hierdie is een waarvan ek moet vertel!

My filosofie van kosmaak is oor die bestandele beskikbaar en nie noodwendig 'n resep nie. Ja, 'n resep het sy plek maar ek kan nie dink wanneer ek laas direk van 'n resep af kos gemaak het nie. Hulle dien meer as inspirasie as 'n stap vir stap uitvoering. Dit gese as jy 'n komplekse dis moet maak en jy wil dit replicate is 'n resep noodsaaklik. Ek probeer ook nie op my blog spesifiek resepte te doen nie maar hopelik dien dit as 'n bron van inligting en inspirasie en dalk entertainment.

Ek was by die winkel om te sien watter groente ek kan kry om nog 'n een-pannetjie hoender gebakte gereg te doen. Die pannetjies is die "flavour-of-the-month" hier by ons op die oomblik. 







Hulle werk perfek in die oond met omtrent enigiets en die moontlikhede is eindeloos. Wat lekker is is dat jy vir elkeen 'n pannetjie maak en as iemand byvoorbeeld nie sampioene eet nie of bietjie oorsensitief is vir chillies dan kan jy daardie mens se pannetjie bietjie anders maak. 

Genoeg aanloop. Ons het 'n kuiergas en ek wou iets lekker maak. In die winkel sien ek die mooi piesangs en dink ek wil vir 'n slag 'n nagereg maak met piesanges gebak met sjokolade. Ek het ook 'n verlepte lemoen gekry waarvoor ek die zest wou gebruik vir brood bak.

Op pad huistoe begin ek dink dat ek die piesangs dalk wil inkorporeer saam met die hoender. 

So wat sal werk? Dit gaan effe soet wees. Cardamon en kaneel werk goed saam met soet en hoender en gaan goed werk saam met die sjokolade en ook die piesangs. Chillie is ook lekker saam met sjokolade. 

So die lys van bestandele wat ek gebruik het:

  • Hoenderborsies, vel en been aan, in derdes gesny. 
  • Habanero chillies (hulle is nou volop die winkels)
  • Groenerige piesangs (defnitief nie oorryp nie)
  • Heel kaneel
  • Fyn Cardamon
  • Aromat/sout
  • Hoender room sop poeier of ander tipe kan ook werk
  • Lemoenskil
  • 'n stuk ou brood vir krummels - verkieslik sourdough. 
  • Coconut melk

 Stappe

  1.  Sny hoenderborsies in derdes en sit in 'n bak om te coat met aromat, fyn cardamon en bietjie soppoeier. 
  2. Braai die hoender stukkies in die pannetjies met bietjie olie tot mooi goudbruin. 
  3. Sny groenerige piesangs in ringetjies. Groterige stukke vir langs die hoender en klein ringetjies vir bo-op die hoender. Pak die piesang rondom en bietjie bo-op die hoender in die pannetjie. 
  4. Sny die habanero's fyn. Haal maar die pitte en "pith" uit as jy dit nie so sterk wil he nie. Sprinkel dit tussen in en bo-oor.
  5. Steek stukkies heel kaneel onder en tussen die hoender en piesang.
  6. Rasper die sjokolade fyn en strooi mildelik bo-oor die hoender en piesang. 
  7. Sit in die oond (+- 180 Celcius)
  8. Meng coconut melk met bietjie soppoier. 
  9. As die sjokolade en piesang begin caramalise het gooi die coconut melk mengsel langs die hoender in die pannetjies. 
  10. Maak die broodkrummels terwyl dit verder bak. Ek het 'n stukkie leftover sourdough brood gehad wat ek gebruik het. Sny in stukkies en sit dit in 'n blender met 'n stukkie lemoen skil (omtrent 'n kwart van 'n lemoen se skil) en 'n paar blokkies van die sjokolade. 
  11. As die pannetjies in die oond begin mooi lyk en die soppoeier coconut mengsel begin stol gooi die broodkrummel mengsel bo-oor als. 
  12. Hou maar dop as die melk mengsel te dik begin raak gooi bietjie ekstra coconut melk by. 
  13. Dis klaar as als mooi lyk en die broodkrummels crispy is!
  14. Ek het saam met die hoender in die oond gebakte patat gemaak. 

Dit het verbasend lekker uitgewerk en dit was nie so soet soos ek sou gedink het nie. Nie een van die bestandele het oorheers nie en het mekaar baie goed komplimenteer. Veral die lemoenskil in die krummels bo-oor het 'n ekstra dimensie gegee.

Groete en lekker kosmaak!

Dirk





No comments: