Wednesday 18 August 2010

Kool Pizza

As jy vir my moes vertel van pizza wat van kool gemaak is dan sou ek ook vir jou gese het jy is van lotjie getik. Maar ek WIL vertel van kool pizza.

Een van my gunsteling resepte sites, http://www.101cookbooks.com/ het ek een slag gelees van Japanese Pizza en dit het nogal heel interesant gelyk. Die Japanese naam is Okonomiyaki wat vertaal blykbaar beteken "net soos jy daarvan hou". Nou dit is nogal 'n heel gepaste naam daarvoor want jy kan letterlik daarmee maak net waarvan jy hou. Wat dit basies is is kool fyn gesny met nog iets daarby, uie fyn gesny, spinasie of enige blare groente gaan werk. Dit word met meel gemeng sodat die kool en goed met meel bedek is. Daar word dan 'n eier of twee goed ingemeng sodat dit soortvan 'n degie maak. Dit word dan in die pan gebak soos 'n waferse pannekoek.

Die mengsel moet lekker vasgedruk word in die pan. Die omdraai slag is nogal tricky want die ding gaan uitmekaar val as dit met 'n spaan probeer omdraai. Gebruik 'n bord en sit dit onderstebo bo-op die basis in die pan. Keer dan die pan om en slide die "pannekoek" terug nadat jy weer bietjie olyfolie in die pan gegooi het. Dit moet nie te lank gebak word nie, die kool moenie sag kook nie, maar dit moet lekker bruin ek crispy aan die buitekant wees. Nou vir die pizza gedeelte kan jy enigiets opsit. Hou dit vegetarian of sit ham of salami of bacon of enigiets daarop. As jy kaas opsit, druk die pan vinnig onder die gril sodat die kaas kan smelt. Onthou net dat as jy dit te lank inlos, die kool gaan sag raak en dit moet juis stewig bly.

Om vir Gwynneth the quote: "Ek is nou al 14 jaar in die kosbedryf en het nog nooit iets so uniek en lekker geproe nie!". Ok, miskien was dit net omdat sy van my hou of omdat sy agter my geld aan is, maar ek moet sĂȘ, dis een van daai goed wat baie baie lekkerder is as wat jy kan voorstel dit is. Daar is ook geen guilt betrokke soos 'n gewone pizza nie en dis eintlik verbasend maklik.

(Foto courtesy van Gwynneth se selfoon)
Op hierdie een het ek salami, songedroogde tamaties, vars tamaties, greenpepper, fetakaas en chedderkaas opgesit. Wat baie lekker werk hierby ook is baby marows in ringetjies gesny.

Japanese Kool Pizza
Twee koppies fyn gesnyde kool.
Een koppie fyn gesnyde uie en of spinasie en of ander blaargroente. (Ek het rooi uie gebruik)
2/3 koppie meel
Sout
2 eiers
Net waarvan jy hou vir topping.
Olyfolie vir bak

Dit maak een groot pizza of twee medium pizzatjies.

Meng die sout en meel met die groente totdat dit heeltemal "gecoat" is met die meel. Breek die twee eiers daarby in en werk die eier goed deur. Moenie bang wees om jou vingers te gebruik nie, dit was weer af.
Gooi bietjie olyfolie in medium warm pan en druk/smeer die mengsel in die pan.
Braai totdat dit bruin en crispy is en draai om met 'n bord. Bak anderkant tot bruin en crispy terwyl jy jou toppings opsit. (Kaas maak dit) Druk onder die gril as jy kaas opgesit het. Sny in kwarte en sit voor!!

NJoy!!
Dirk

No comments: