Tuesday 24 August 2010

Oor middagetes en takeaways

Vir die afgelope paar maande was ek in die gelukkige posisie om gereeld te kon gym toe gaan. En dit oor middagete tyd van alle tye. Dit het nogal die voordeel gehad dat jy nie in crowds hoef te gaan nie, jy gaan soek nie kos oor middagete nie en jy score regtig meer as 'n uur elke dag deur dit te doen. Ek is bietjie beseer en het vir die afgelope week of wat nie by die gym uitgekom nie. Dis dan wanneer die duiwel in jou oor fluister en vertel van pasteie, samoesas, hoenderbrijanie, Nandos en hamburgers. Daar is mos nou tyd om rond te loop en volgende week is dit mos maar weer terug na normaal. So... nou en dan indulge ek maar die ou blikskottel. Want van volgende week af  IS dit weer protein shakes en gym vir middagete. En vir ekstra justification is 'n breek van roetine ook nogal goed so nou en dan. 

Nou hier in die Kaap is hier nogal heelwat plekke wat takeaways of vinnige middagetes gee wat nogal glad nie sleg is nie en waarde vir geld is. My gunsteling plek is die Eastern Bazaar in Langmarkstraat in die stad. Vir R25 kry jy 'n bak hoenderbrijanie of tandoori gebraaide hoender of ander soorte kerrie wat regtig te veel is om op te eet. Hulle rootis en naan brood is ook glad nie sleg nie. My gunstelling is die tandoori rooti. Dit is 'n rooti wat in die tandoori oond gebak word in plaas van op 'n plaat. Daar is ook heelwat ander geregte en die eerste keer wat jy daar instap is jy oorweldig. Die atmosfeer in die plek is ook nogal baie interesant, dit voel kompleet asof jy in 'n oosterse bazaar is. Baie mense, geraas, chaos en al die reuke van die spicy kos wat daar rondhang. Dit is nou regtig nie 'n vyfster venue nie en die kos is ook nie wat jy gaan kry by 'n fancy restaurant nie, jy eet ook met plastiek messe en vurke maar vir 'n lekker waarde vir geld middagete of vinnige aandete is daar nie baie ander wat dit beat nie.  

Nou van volgende week af is dit weer protein shakes na gym tydens middagtete!!

Beste
Dirk

No comments: