Saturday 21 August 2010

Groente Lasagne

Hierdie een het ek nie self gemaak nie en was net 'n toeskouer vir die skepping van Gwynneth. Maar dit is so delicious dat ek wel moes vertel daarvan. Ek moet se dat ek nie baie opgewonde was oor lasagne sonder vleis nie maar ek was baie verbaas hieroor.

Basies is dit net pasta met groente en kaas en 'n witsous. Niks fancy nie, maar die uiteinde is nogal iets om te waardeer. Die verskillende groente het verskillende teksture en kleure en geure wat dit nogal mooi en baie lekker maak. Dit is ook nie naastenby so swaar soos 'n gewone lasagne nie so jy kan nogal wegle daarin. Dit is ook moeilik om 'n kleintjie te maak want die hoeveelheid groente daarin verleen dit net na 'n groot dis.

Aangesien ek dit nie self gemaak het nie is dit ook moeilik om 'n spesifieke resep te gee, maar kom ek probeer:

Gwynneth se Groente Lasagne



Groente en ander bestandele:
Wat in die een ingekom het is letterlik iets van alles-
2 Pakkies geroomde spinasie
Boontjies
Greenpepper
Butternut
Rooi Patat
'n pakkie woolies gemengde groente - broccoli, wortels, ens
Groot blik Tamatie Puree
1 Blik tamaties
1 pakkie Sampioene
Knoffel huise of twee
Cheddar kaas
Brie kaas
Mozzarella kaas
Witsous
Lasagne
Speserye

Maak van die groente bietjie gaar, microwave of kook dit. Dit moenie oorgaar wees nie, net so dat wanneer die lasagne reg is die groente ook reg is.
Meng al die groente in 'n bak saam met die tamatiepuree en geroomde spinasie om 'n lekker mengsel te maak. Gooi hierin ook enige verdere speserye en sout. In die een het sy mediteranean vegetable seasoning ingegooi.

Maak 'n lekker lang witsous.

Vir die inpakslag:
Groente - Witsous - Lasagne - Groente - Brie kaas in repies gesny - Witsous - Lasagne - Groente - Cheddar kaas - Groente - Witsous - Mozzarela kaas

Bak die bedryf nou in oond van omtrent 140 Celcius vir omtrent 'n uur. Verhoog die temperatuur vir die laaste 10 min sodat die kaas lekker inbak. (Of sit die gril aan vir 'n rukkie)

Mooibly!
Dirk

No comments: