Monday 13 September 2010

Blueberry en Turkish Delight Oats Muffins

Met alle eerlikheid wil ek sê dat hierdie die lekkerste muffins is wat ek nog geproe het. Ok, miskien het ek ook bybedoelings hiermee want dit is gemaak deur iemand spesiaal en die spesiale bestanddele wat daarin gesit is is net van so aard dat dit onweerstaanbaar is:
2 groot koppies elk van liefde en vriendskap

1 eetlepel elk van geduld, moeite, aandag en omgee
Daar is nog ander essoteriese bestandele maar dit gaan dalk hierdie blog as "adult" of "x-rated" laat klassifiseer as ek dit hier insit.

Gwynneth se inspirasie. Ek het die mooiste pakkie Blueberries by Woolies gekry en gedink dit sal nou nice wees in muffins. Toe sy dit maak vra sy of sy van die Turkish Delight wat ek vir my verjaarsdag gekry het kan insit...

Sy het vir my die reseppie uitgeskryf om te deel,  ek is verbaas om herinner te word dat oats eintlik hawermout is in ons mooi taal wat ek besig is om so op te voeter:-)
Oor die meel kan ek miskien ook kommentaar lewer, dit is stone-ground meel sonder enige additives of preservatives (nou ja, byvoegings of preserveermiddels) of enige sulke goggas. Miskien maak dit ook aan die gesondheidsaspek 'n verskil. Al wat ek kan sê dit is ongelooflik lekker en ek weet nie van 'n plek waar mens so iets kan koop nie. Ek is net gelukkig om aan die ontvang kant te wees van iemand so nice...

So hier is die resep.

1 koppie oats (hawermout)
1 koppie volgraan meel
1 koppie melk
1 eier
70ml olie
50 ml suiker
10 ml sout
10 ml bakpoeier
1 Pakkie Blueberries
Tien blokkies Turkish delight, in kwarte gesny

Voorverhit die oond tot 200grade

Smeer die muffin pan met botter of cook-n-spray
 
Week die hawermout in die melk

Sif die droë bestanddele saam

Klits die eier en meng in hawermout-melk-mengsel. 


Voeg dan die droë bestanddele by en roer liggies. Die bessies en lekkers word dan laastens bygevoeg. Gooi die beslag oor in 'n houer met 'n tuit, dit is vinniger en makliker om die mengsel in die vormpies te gooi as om te skep. Die mengsel is genoeg vir vier GIANT muffins of ses normales.

Bak vir 25 minute.

Thx Gwynneth!!

No comments: