Monday 27 September 2010

Back to Basics

Ewe skielik bevind ek my in die posisie om weer te kyk na my gesondheidsvordering van die laaste paar maande en dit was VROT!! Ek het nog ten minstens 10 kilos om te verloor (ek dink dalk 15 is meer realisties) en al hierdie lekker ge-etery maak dit nou eintlik nie maklik nie.

Ek weet wat werk en moet teruggaan soontoe. Twee of meer protein shakes per dag en een ete en drie na vier keer per week by die gym uitkom. Dit werk en dis 'n eenvoudige resep, doen dit net. Nou hoekom doen mens dit nie? Ek weet eintlik, dis omdat mens visie verloor  van die rewards en omdat die rewards nie onmiddelik sigbaar is nie, dis ongelukkig eers langtermyn sigbaar. Om korttermyn iets te doen wat eers langtermyn sigbaar is is baie moeilik om in stand te hou en doelgerig gefokus te bly veral as dit so maklik is om daarvan af te wyk. So as ek miskien myself genoeg herinner dat dit die moeite werd is gaan ek dit dalk weer regkry.

So wat kosserasies aan betref het ek die turkish delight muffins verruil vir gym-muffins. Nou daar is nou 'n kombinasie van goed wat alles in het vir die gym. Die basiese resep is dieselfde as soos die pos wat ek gemaak het vir die blueberry-turkish-delight muffins, maar met 'n paar goed verander en bygevoeg. Wat ek verander het is om in plaas van gewone olie te gebruik gebruik ek flaxseed-olie wat omega vette bevat wat dan nou kwansuis nodig is vir klomp goed in mense se gestel. Ek beef die proteine ook bietjie op deur whey-poeier by te gooi en vervang die melk met karringmelk. Ek gooi ook 'n handvol semels in wat dit effe ligter maak. Dan probeer ek 'n paar neute insit en verskeidenheid van sade en goed. Om dit soeter te kry snipper ek droe vrugte op en gooi die in. 'n Eetlepel of twee heuning sal ook nogal goed werk. Die gevolg van die konkoksie is muffins wat glad nie te sleg proe nie en wat dan een protein shake op 'n dag vervang met 'n hoe-protein-gym-muffin. Dit bevat low-gi carbs, genoeg proteine, omega3 en 6 fatty acids, als wat jy vir 'n weights training sessie nodig het.

Basics hier kom ek en goodbye laaste paar kilos!!
Groete
Dirk

No comments: