Friday 1 December 2023

Skaapskenkel potjie en Koos se storie hoofstuk 4.

As jy nou eers by die storie inval kan jy die links na die vorige hoofstukke op die regterkant van die blog navigeer. (Of die vorige een het links na die voriges!)

Hoofstuk 4: Potjiekos vir twee


Ek gooi die aktetas agter in die Landrover en vergeet onmiddellik daarvan. Daleen het my volle aandag. Terwyl ek haar hand in stilte vashou ry ons stadig terug Paternoster toe. Ons het nie veel gepraat tot daar nie. Ek stop by 'n vulstasie en terwyl hulle die Landrover vol brandstof maak inspekteer ek dit. Daar is nie veel skade nie, net 'n skraap of twee aan die buffer voor maar dit gee net verdere karakter aan die voertuig.

Ek kry vir ons elkeen 'n roomys en ons ry tot by 'n parkeerarea by die strand. Die see is ver teruggetrek en jy kan vir 100m inloop voor jy by die water kom.

Daleen verduidelik dat die skuur defnitief 'n Tik vervaardiging laboratorium was. Met die vinnige kyk het dit gelyk na proffesionele toerusting en nie wat jy gewoonlik by die Jan-Rap-en-sy-maat lab sou kry nie.

Dit het nie veel geneem om Daleen te oortuig dat ons vir 'n dag of twee moet wegkom van hierdie warboel waarin ons ons nou bevind nie. Ons het besluit om nie die polisie te betrek nie. Daar kan niks van kom nie buiten dat ons in die gevaar sone sal moet bly nie. Daar is nie salf aan te smeer aan die nuwe lyke in die rotse nie. Op hierdie stadium gaan dit vir ons heelwat beter wees om onder die radar te bly en probeer uitpluis wat aan die gang is.

'n Vinnige oproep na die Baths in Citrusdal bevestig dat hulle vir ons 'n chalet het. Ons het 'n bed en rustigheid nodig vir 'n dag of twee.

Ek stop in Citrusdal by die Spar om 'n paar voorrade te kry. Ek kry ook 'n paar skaapskenkeltjies vir 'n pot. Ten minstens kan ek kos maak, hierdie geweld van die vorige paar dae rus swaar op my gemoed. Dis nie ek nie.

As 'n seun het ons in Windhoek gebly en my pa het 'n .243 geweer gehad. Hy het so nou en dan gaan jag maar ek vermoed dit was ook nie regtig in sy bloed nie. Ek onthou van een Kudu wat hy geskiet het en die drie-draai horings uitgestal het. Nou verstaan ek dat dit dalk eerder 'n geval was dat hy ingetrek was in die jagte deur sy broers wat daarvoor geleef het. Hy moet tog wys hy is 'n man. Hy het my ook probeer leer jag en ons het gaan dassies skiet. Ek het een van hulle gewond en moes dit vankant maak. Ek kon nie. Dit was die laaste wat ek aan 'n geweer gevat het.

Die naaste wat ek aan skiet gekom het is my kettie. Ook net vir skiet na teikens. Ek speel bietjie rond met houtwerk doen en het 'n kettie mik gemaak waarop ek regtig trots is. Geelhout en olienhout inleg in die handvatsel. Spesiale rekke wat ek sorgvuldig uitgekies het vir hulle elastisiteit by die rubber fabriek. Breedte gesny vir 'n balans tussen akuraatheid en slaankrag. Dit ry saam in die Landrover in my sub A skooltassie vol van vervanging rekke, velletjies en albasters vir amunisie.

Laat die middag, na 'n lang geweek in die warmbron se warm water, langs die vuur en 'n yskoue Black Lable in die hand sit ek en Daleen en gesels.

Daleen, het jy al gejag of 'n geweer geskiet?” vra ek haar.

Nee ek het nog nooit nie maar daar is iets wat ek jou nog nooit van vertel het nie. 'n Paar jaar terug was ek in 'n motorkaping. Hulle het by 'n robot 'n pistool in my gesig gedruk en saam met my in die motor geklim. Daar was twee van hulle. Hulle het my laat ry tot in Kyalitsia en my langs die pad uit die motor gestamp. Dit het my baie geskok en ek het die realiteit van die lewe in 'n baie klein tydjie besef.”

Stil luister ek na Daleen en hoe sy verder vertel. “Dit het my laat besef dat in die land van ons ons iets moet doen om onsself te beskerm. Ek wou nie soos baie ander wat dit mee oorgekom het net padgee landuit nie. Ek sou die Kaap en Tafelberg te veel mis. Ek het begin met Krav Maga selfverdediging. Ek weet nie of jy weet wat dit is nie?”

Daleen vertel verder “Dit is 'n selfverdediging stelsel wat ontwikkel is vir die Israeliese weermag wat gefokus is op realistiese geveg effektiwiteit en oorlewing. Dit is effens aangepas vir burgerlikes maar dit is net so effektief. Dit is beslis nie die tipiese martial arts met baie en mooi bewegings nie. Dit is geskoei om so vinnig en effektief as moontlik jou oponnent onskadelik te stel sodat jy kan oorleef. Ek was aan die begin terrible daarmee en dit het my amper 'n jaar geneem om die basiese training te kon baasraak. Ek het vir nog 'n jaar elke week geoefen en nou gaan ek so elke nou en dan daar 'n draai maak om saam met die ouens te oefen.”

Kry die mes waarmee jy nounet die aartappels geskil het.” Se sy vir my. Met die aartappel mes in die hand moet ek vir haar probeer aanval. Ek doen dit halfhartig maar die volgende oomblik le ek op my rug langs die vuur. Sy pen my vas op die grond maar in plaas van 'n wurg greep kry en 'n behoorlike soen. Dit maak die vernedering baie aangenaam.

Sy leer my van die 360 grade vedediging met 'n teenaanval. Verduidelik die korrekte hand posisies vir verdediging en beklemtoon die belangrikheid van 'n onmiddellike teenaaval op die punt waar jou openent se aanval geblok is. Ek is uit die veld geslaan en my respek en admirasie vir Daleen het verveelvoudig.

My sterk punt, die lamskenkeltjie potjiekos vir ons twee, met botter, aartappels, klein uitjies en wortels en braai sout, het darem vir Daleen ook beindruk.

Later die aand toe ons gesels oor die gebeure van die laaste paar dae onhou ek van die aktetas agter in die Landrover.

Dit is 'n bruin leer aktetas en is gesluit. Met 'n hammer uit my gereedskapskissie vermorsel ek die slot en die aktetas gaan oop. Albei van ons se oe rek toe ons die inhoud sien. Daar is maklik 'n honderduisend rand of meer in die aktetas in bondels van R200 note. Die aktetas is half vol van die note. Nie een van ons gaan dit tel nie, die hoeveelheid is onbelangrik en nie een van ons is daarin geintereseerd nie. Ek weet egter dat die heelwat meer kan wees want mens misgis jou met die denominasies. R10 000 in R200 note is maar 50 note en dis 'n klein pakkie note.

Ons gooi al die geld uit en gaan deur die hele aktetas. Anders as die spul note is al wat ons vind 'n flashdrive. Nou is my nuuskierigheid geprikkel.

Ek het met die inpak slag by my huis ook my tuisgemaakte Dell laptop ingepak. Dell het een wat gemaak is vir buite gebruik en ek het hom laat opjazz met genoeg proseseerders, gaming SSD’s 'n baie groot grafiese kaart wat geweldige parallele prosesering kan doen.

Toe ek die flashdrive insit vra dit onmiddellik vir my 'n wagwoord en ek vermoed dadelik dat dit enkripsie op het. Dit het heel waarskynlik AES-256 enkripsie op wat dit onmoontlik maak om met 'n brute-force metode, wat elke moontlike kombinasie raai, te ontsluit. Dit het 256 bit enkripsie en selfs met my vinnige rekenaar gaan dit steeds 'n paar honderd jaar neem om die enkripsie te breek. Ek het egter 'n troefkaart of twee wat ek kan gebruik. Met die forensiese oudit werk het ek al 'n paar keer te doen gekry met sulke enkripsie en daar is gewoonlik een van twee manier om daar in te kom. Of hulle gee vir jou die sleutel of jy is gelukkig en kry dit iewers neergeskryf. Ons weet nie wie die eienaar is nie en daar was niks in die aktetas buiten die flashdrive en die nuttelose geld nie.

Ek verduidelik vir Daleen: “Die wagwoord wat die meeste in die wereld gebruik word is “12345” en die tweede een is “Password”. Ek het 'n bietjie sagteware op my rekenaar wat dalk kan help. Kom ons kyk of ons iets kan uitgerig kry. Miskien is ons gelukkig.”

Ek sit die rekenaar aan die gang met spesiale algoritmes wat die GPU van die rekenaar gebruik om duisende kombinasies op dieselfte tyd te toets.

Die volgende oggend toe ek die rekenaar wakker maak is die flash drive oop en die leers is sigbaar.

Kan jy glo Daleen! Die nool het toe wel “Password” gebruik in sy wagwoord. Dit was “P@ssw0rd12345#”!

Daar is verskeie leers op die flashdrive, party met fotos van 'n familie wat besig is met 'n groot ete en ek kan 'n kalkoen sien in die fotos. Sommige met dokumente wat lyk soos fakture vir toerusting, die adresse is omtrent almal Amerikaans. In elke leer is daar ook tegniese skematika vir die toerusting in die faktuur. Die naam op die fakture as “Sales person” is almal Eddy Baxter. Dit kom voor asof Eddy ‘n Amerikaanse verkoopsman is van laboratorium toerusting. Ek neem aan die geld in the aktetas is betaling vir een van die fakture. Een van die leers trek my aandag met die naam CeresZA. Toe ek die faktuur oopmaak sien ek dit is gerig aan Rudolf Malan.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek kyk nou en kan nie glo dat ek nog nooit oor die lam skekel pot geskryf het nie. Dit is een wat ek jare gelede in Citrusdal per ongeluk gemaak het want dit was al die bestandele wat daar was. Ek het die al heel paar keer weer gemaak en elke keer is dit net so lekker soos die eerste een was.

Bestandele:

Skaapskenkels

Botter

Klein piekel uitjies

Aartappels

Wortels

Braaisout (Ja die oranje bottel)

Metode:

Braai die skenkels in die botter. Kook bietjie tot amper gaar. Gooi dan die aartappels, wortels en uie in kook tot sag. O ja, braaisout ook. Dis dit!

Die prentjie van Daleen wat vir Koos Krav Maga 360 grade verdediging verduidelik  bo moet maar genoeg wees vir nou!

Lekker lees!

(Prentjie courtesy van Chat GPT4, ek kan nie so teken nie!)

 

No comments: