Sunday 3 December 2023

Hoofstuk 5: Die skurf van die skurweberge

Hoofstuk 5: Die skurf van die skurweberge

 

“Daleen, hierdie moet jy sien!” se Koos vir my.

“Rudolf Malan” se ek stadig stadig. “Wat is jou betrokkenheid?”

Koos wys ook vir my die skematieka van die toerusting en ek weet dadelik wat dit is. “Koos, hierdie is 'n bioreaktor.” verduidelik ek vir hom. “Dit is nie toerusting wat ons sommer in Suid Afrika in die hande kan kry nie. Dit word gebruik vir die kweek en manipulasie van biologiese organismes. Dit lyk asof hierdie een 'n paar aanpassings het wat ek nog nie gesien het nie. Ons het een by ons werk maar dit is net vir die kweek van organismes vir analiese. Hierdie een is ligjare voor die een wat ons daar het!”

Koos leun vorentoe en kyk fronsend na die dokument wat oop is op die skerm. “So dink jy hierdie het enigiets met die Tik zombies te doen wat ons gesien het? Tik is chemies en hierdie is vir biologiese manipulasie? Reg?” vra Koos.

“Jy is reg” se ek vir Koos. “Daar is egter 'n overlap. Biologies is ook maar net chemies van aard maar dit is moeiliker aangesien die chemiese stowwe in biologika in organismes op ander maniere aanmekaar gesit word. Wat ook fasinerend is is dat dit vir Rudolf Malan gegee is. Dit wil vir my se dat dit wel iets met die Tik te doen het.”

Ek kry 'n koue rilling toe ek dink aan die implikasies. “Koos as hulle besig is om van die chemiese elemente wat Tik gevaarlik maak in 'n biologiese verband te inkorporeer is hierdie nie goeie nuus nie.” Ek staan op en met my hande in my sye stap ek rond in the chalet terwyl ek dink. “Koffie?” vra ek vir Koos.

Terwyl ek die koffie aan die gang kry is Koos verdiep in die laptop. “Daleen, kyk hier, die afleweringsadres op die faktuur was net GPS koordinate” Ek leun oor hom met my arms om sy skouers. Hy wys vir my die Google maps oopgemaak met die koordinate. “Waar is dit?” vra ek vir hom. “Dit lyk na die middel van nerens?” Hy zoom uit. “Sien, hier is Ceres. Dit lyk asof dit iewers in die berge is. Dit maak nie sin nie. Daar is niks naby nie.”

“Ons moet gaan kyk waar dit is.” se Koos vir my na hy verder die kaart bestudeer het.

“Ek ken iemand op Ceres wat ons by kan inloer. 'n Vriendin wat saam met my geswot het op Stellebosch” se ek vir Koos.

Ek het vir Anélle van der Merwe ontmoet op Stellenbosch toe ons beide die gevorderde kursus in genetiese ingenieurswese gedoen het. Sy is kom van Ceres vallei en haar familie is al geslagte lank in die appel en peer bedryf met 'n paar plase in die Koue Bokkeveld en Prince Alfred Hamlet area. Sy het belang gestel in genetika vir die moontlikheid om 'n nuwe kultivar appel te kweek. Iets wat sy haar naam kan opsit. Sy het altyd gese sy wil Anélle appels kweek. Ek het nog nie Anélle appels op die mark gesien nie so ek weet nie hoe ver sy daarmee gekom het nie.

Ons het 'n hele paar laat aande saam spandeer, of saam studeer of in die Dros en blatant met die ingenieurstudente geflankeer. Anélle het 'n groot sin vir humor en haar lag laat gewoonlike die hele vertrek saam glimlag. Sy was terselfde tyd ook realisties en haar voete stewig op grond.

Ek het meer as een naweek saam met haar Ceres toe gekom waar ons op een van hulle plase in die berge gaan stap het en sy my vertel het van die perfekte appel wat die al die beste eienskappe van al die kultivars bymekaar het. Haar ouers is die wonderlikste mense. Hartlik, vriendelik en ek het altyd welkom gevoel daar.

Ons hou nog kontak en gesels so nou en dan. Sy is intussen getroud met 'n rekenmeester wat op die dorp praktiseer en het 'n dogtertjie wat seker nou omtrent 5 jaar oud moet wees. Een nadeel van nie die Facebook ding doen nie is dat jy nie op hoogte bly van almal se sosiale stand nie. Ek verkies dit egter so. Ek dink die wereld het iets verloor met Facebook.

Ek is nie meer dieselfde naive meisie wat ek was in my universiteitsdae nie. Die lewe het my 'n paar lesse geleer. Tot ek vir Koos ontmoet het was ek in 'n paar baie ongemaklike verhoudings. My keuse van mans het veel te wense gehad.

Ons geslag het die denke dat ons nooit goed genoeg is nie. Dit gepaard met die gedagte dat jy nooit ‘n man so goed soos jou pa gaan kry nie is seker die grootste rede hoekom soveel tiener meisies al van skool af soveel verkeerde besluite neem. Na ‘n paar slegte verhoudings, wat die meeste self vertroue afgebreek, het dink jy daar is nie meer veel oor in jou om te gee in ‘n verhouding nie. Jy is nie maer genoeg nie, nie ryk genoeg nie, jou neus is te wyd, jou bene te kort en so spiraal jou gedagtes af. My issue is my borste is te klein.

Die enigste fout wat ek egter nog by Koos kon sien is sy naam. Ek is seker hy weet dit maar ek sal nie daarna verwys dat dit 'n koos eintlik 'n toilet is nie. En hy het bietjie min hare. Sy ander eienskappe maak egter op daarvoor. Koos is prakties, slim, 'n sin vir humor en maak my kniee heeltemal lam as hy sy arms om my sit. Selfs meer as die Krav Maga opleiding wat ek gedoen het voel ek beskerm en kalm as hy my hand vashou.

Van Citrusdal ry ons deur die Koue Bokkeveld en ek verwonder my aan die prag en unieke aard van die landskap en die berge. Daar is 'n rede hoekom die berge die Skurweberge genoem word. Hulle is skurf. Dit lyk asof die rotse gestrooi is soos konfeti by 'n troue. Van groot klippe tot rotse so groot soos 'n huis. Die bergreeks vorm deel van die Kaapse Plooigordel wat miljoene jare gelede gevorm is deur die bymekaarkom van die kontinente. Die Bokkeveld groep van die bergreeks het diep uit die oseaan gerys en die meeste fossile wat uit die bergreeks ontdek is kom uit die bokkeveld. Die moddersteen het oor tyd afgespoel dit wat die vrugbare valleie veroorsaak het waar hoofsaaklik appels en pere verbou word. Ek onthou toe ek saam met Anélle die berge verken het het dit gelyk net soos die rotse wat mens by die see sien. Met sinkgate en al in party rotse.

Die enigste dorpie in die Koue bokkeveld is Op-die-berg. Dit is maar 'n baie klein nedersetting wat bestaan uit huise van 'n paar van die administratiewe werknemers van die plase in die omgewing, 'n NG kerk, 'n twee persoon polisie stasie en die kooperasie.

Koos vat sy tyd om hier deur te ry en die omgewing en die pratige dag met die blou lug te geniet. Deur die Koue Bokkelveld net voor ons by die Witzenberg pas kom wat lei an die Ceres vallei draai Koos af na die Agerwitzenberg vallei. Dit is nog 'n klein vallei waar daar 'n paar baie vrugbare plase tussen die skurbeberge weggesteek is. Koos se dat dit lyk asof die GPS koordinate iewers hier in die vallei kan wees. Ons gaan bietjie rondry en kyk of ons iets kan sien.

Ons volg die GPS tot reg agter in die vallei waar ons by 'n dubbele hek kom wat met 'n baie groot ketting en slot gesluit is. Ons kan 'n klein grondpaadjie sien 'n paar konkels maak tussen die groot rotse deur wat lei na iewers hoer in die berg.

“Dis nou jammer. Ek is nogal nuuskierig waarheen hierdie gaan” se Koos.

“Ja, ons sal dalk bietjie beter moet beplan en uitvind aan wie die grond behoort” se ek. “Kom ons gaan eers Ceres toe. Miskien kan Anélle vir ons bietjie inligting gee.”

Anélle bly in Ceres in Eiekelaan wat aan weerskante van die pad massiewe eike bome het wat bo-oor die pad ontmoed en wat die hele pad met 'n groen tonnel omhul. Dis asemrowend mooi.

Anélle ontmoet ons met 'n baie oulike dogtertjie wat lyk asof sy sopas 'n vinnige skrop gehad het voor ons gekom het. Ek omhels my vriendin en dit is werklik goed om haar weer te sien. Haar dogtertjie is 'n miniatuur van haar. Anélle maak 'n punt om vir Koos op en af te kyk. “Sjoe meisie, jy het 'n goeie een hier! As ons nog op universiteit was sou ek jou baklei het vir die een.” Koos bloos bloed rooi Anélle se lag is nog steeds so aansteeklik soos dit altyd was.

Oor koffie in die sitkamer tussen die poppe wat tee drink by hulle pophuis vang ons op en sy vertel dat Pieter, haar man, nog by die werk is en sal bietjie later by die huis wees.

Sy werk nie voltyds nie, Mia het bietjie meer aandag nodig en sy het nie nodig om haar by 'n dagsorg te los nie. Hulle familiegroep het kantore en 'n laboratorium in die dorp en sy neem vir Mia saam werk 'n dag of twee 'n week. Anélle se pa is meer as gelukkig om na sy kleindogter te kyk vir 'n paar ure 'n week as sy haar saambring en sy het baie vryheid oor hoe en wanneer sy werk toe gaan.

Anélle verneem die rede vir ons besoek en ek besluit om die geweld in die nagklub en die geskiet op ons in die weskus uit te los uit die storie. Ek vertel dat ek besig is om 'n saak te ondersoek vir eienaardige gedrag van tik gebruikers en dat ons 'n leidraad gekry het wat ons Ceres toe gebring het.

Miskien kan jy vir my kyk na 'n skematieka wat ons gekry het. Dis 'n bioreaktor met 'n module wat ek nie ken nie.” vra ek haar.

Anélle bestudeer die skematieka op Koos se laptop. “Ek wil so een he!” se sy opgewonde. “Ek probeer al lankal by Pa om vir ons so een te kry, met dit sal ek al my appeljies gemaak kon kry! Dit kos 'n fortuin. Dis 'n genieties manipulasie module vir die bioreakator. Dit verg ook ‘n supercomputer saam met dit om die genetiese manipulasie te kan doen.”

Met Anélle se opgewondenheid word my vrese verwesenlik. Rudolf Malan is besig om die tik eienskappe in 'n biologiese raamwerk te inkorporeer. Wat die biologiese organismes is wil ek nie raai nie. Dit spel onheil. My oe ontmoet Koos s’n en ek kan sien hy is ook bekommerd. Hy was baie geintereseerd in the bioreaktor op pad Ceres toe en ek het hom vertel van my vrese dat dit saam met die tik konnotasie moeilikheid voorspel.

Ek ontseil Anélle se vrae oor wie en waar en wanneer besluit om ook nie te vra van die Agerwitzenberg ligging nie. Sy sal defnitief een en twee bymekaar kan sit. Ek herlei die gesprek na Mia wat Anélle se aandag aflei van die onderwerp. Ek kan nie haar gesin in gevaar stel nie.

Anélle dring aan dat ons oorbly by hulle en bly vir 'n braai. Ek maak verskoning dat ons reeds ingeboek het by 'n gastehuis maar sal met graagte braai saam met hulle vannaand. Ek moet kans kry om met Koos te gesels en te beplan wat ons gaan doen.

Ek staan op en vra “Wat kan ons saambring vir die braai?” Sy kyk my skeef aan. “Moet asseblief nie laf wees nie” se sy. Ons neem afskeid en belowe om bietjie later terug te wees.

In die volgende blok stop ons onder die bome en bespreek ons opsies. Ons sal moet gaan kyk waar die bioraktor is en waarvoor dit gebruik word. Ons besluit dat ons in die nag sal moet doen. Ons sal dalk moet inbreek. “Is jy ok hiermee Koos?” vra ek hom. Koos neem my hand en glimlag. “Met jou aan my sy my skat is ek game vir enigiets!”

Na ons wel ingeboek is 'n gastehuis net 'n paar blokke van Anélle se huis af keer ons terug vir die braai.

Net voor middernag kan ons uiteindelik onttrek van die ongelooflike geselskap en gasvryheid van die Van der Merwe gesin. Ons belowe ons sal more oggend weer kom koffie drink voor ons terug gaan Kaap toe.

Ek voel die mengsel van afwagting en senuagtigheid wat my energie en fokus gee wat deur my spoel toe ons in die donker terug ry na die hek in die Agerwitzenberg. Dit is baie stil en baie donker toe ons by die hek aankom. Ek stel aan Koos voor dat ons probeer inry met die paadjie want ons kan nie die Landrover hier in die pad los nie.

Dit is nie so eenvoudig om 'n staal hek met 'n groot ketting en slot oop te kry nie. In die flieks ry die held gewoonlik net deur die hek wat dan oopbars sonder dat die motor iets oorkom. Daar is 'n paar probleme daarmee. Een, jy weet nie hoe stewig die hek is nie. Kanse is dat dit jou motor gaan verfrommel saam met die hek. Twee, dit gaan 'n aansienlike kababel afgee as ons in die middel van die nag deur die hek jaar as dit eens moontlik is.

Koos is egter baie selfversekerd oor hoe om in te kom. Terwyl ek buite staan en toekyk maak hy sy sleeptou aan die ketting van die hek vas en begin dit baie stadig trek met die landrover in reverse. Met 'n geluid van yster wat skeur gee die skarniere aan die een kant van die hek in.

Ons los die Landdrover agter 'n groot rots. “Bring jou kettie saam” se ek vir hom. Ons begin opstap met die paadjie met die sterre vir lig. Daar is nie 'n maan wat bietjie meer lig kan gee nie en ons raak gewoond daaraan maar dit gaan maar stadig. Die paadjie is baie ongemaklik om te stap. Na omtrent twee uur se stap op in die berg toe ons om 'n draai kom sien ons 'n lig. Dit is 'n enkele gloeilamp wat die buitekant van 'n groterige Nutec gebou uitwys.

Uit die donker hou ons die plek dop maar sien geen beweging nie. Ons sien ook geen voertuie naby nie. Ek fluister vir Koos. “Hulle sal nie die plek heeltemal alleen los nie, daar moet iemand hier wees. Kom ons skop bietjie die nes. Hoe goed is jy met daai kettie van jou? Kan jy die ruit uitskiet hiervandaan dan kyk ons wat uitkom.”

Ons kry skuiling agter 'n rots en Koos skiet die ruit uit met een skoot van omtrent 30 meter. Die geluid van glas wat breek en val in die stilte is ewe skielik baie hard. Dit gaan enigiemand wat daar is in beweging bring. Die lig binne gaan aan en 'n sekuriteitswag kom uitbars by die deur. Hy het dieselfde uniform aan as wat die twee in die Tiguan jaagtog aangehad het in die weskus. Hy is duidelik verward en baie senuagtig. Hy het 'n pistool in sy hand terwyl hy om die gebou stap. Met 'n groot flits skyn hy heen en weer. Hy is duidelik te senuagtig om regtig te kyk en ons is veilig in die donker agter die rots.

Na 'n paar minute gaan hy weer in. Ek fluister weer vir Koos. “Ek gaan nader gaan en net buite die deur wag. As ek in posisie sal ek vir jou waai en dan skiet jy die ander venster ook uit. Moet my nou nie raak skiet nie” spot ek. Koos bevestig en druk my skouer. Met my rug teen die muur staan ek en luister. Die sekuriteits wag is besig om iemand op die radio in te hande te probeer kry maar dit klink nie asof hy enige geluk het nie. “Kom in beheer! Beheer waar is julle! Jirre, slaap julle! Kom in beheer!” Ek wys vir Koos ek is gereed.

Vir die tweede keer is daar 'n kakofonie van glas wat breek. Soos ek verwag het kom die sekuriteitswag uitgestorm by die deur met die pistool in sy hand.

Met 'n algehele kalmte beweeg ek vinnig om sy pistool hand te gryp. Ek gebruik die gewig van my lyf om sy arm in 'n ongemaklike hoek te forseer. Die pyn in sy elmboog laat hom die pistool laat val. Ek wil nie kanse wat nie en in dieselfde aksie van die draai gee ek 'n skuifel om in posisie te kom en skop hom tussen die bene. Hy val soos 'n sak aartappels.

Ek loer vinnig in die gebou en sien nie enige ander mense nie. Ek roep vir Koos om nader te kom.

Koos glimlag breed. “Sjoe Daleen dit was ongelooflik! Is hy ok?

Ja, hy gaan dalk net bietjie seer wees vir 'n dag of twee. En mooi skoot met die kettie.” Stel ek vir Koos gerus.

Binne die gebou sien ek dat dit 'n laboratorium in wording is. Die Bioreaktor is daar maar dit is nog nie in werking nie. Hulle is nog besig met die installasie. Daar is egter 'n yskas met 'n hele paar buisies met monsters.

Ek verpak die buisies in 'n kartondoos en sit dit in die rugsak wat Koos dra. Op die ingewing van die oomblik besluit ek ook om die bioreaktor buite werking te stel. Ek vra vir Koos om die paneel met die beheermodule oop te skroef. Koos verwyder die kaart binne die module en sit dit ook in die rugsak saam met die monsters.

Hulle gaan die moer in wees hieroor” se ek met 'n glimlag vir Koos.

Daleen ons sal moet spoed kry, ons weet nie hoe laat die ou se vervanging gaan inkom nie en ons sal wil weg wees voor hulle die stukkende hek en die Landrover sien.” se Koos.

Ons neem die sekuriteitswag se kragtige lig en die terugtog is heelwat vinniger as die pad op. Sonder enige voorval is ons terug by Landdrover en weer op pad Ceres toe.

No comments: