Wednesday 20 October 2010

Salm

Een van die baie dinge wat uitstaan deur vir Gwynneth in my lewe te gekry het is dat sy my leer salm eet het. Norwegiese Salm. (of dan nou soos algemeen bekend as Norwegian Salmon)

Ek kan met alle eerlikheid se dat geen stuk beesvleis vir my ooit lekkerder was as 'n lekker stuk salm nie. Die prys daarvan skrik jou af eerstens om dit te koop en tweedens is dit intimiderend om dit gaar te maak. En hierin is daar 'n paradoks, want dit is eintlik baie baie makliker om te maak en baie baie baie lekkerder as enige ander vleis of vis. So in stede van uiteet, probeer dit een slag. 'n Stuk salm en groentes by Woolies gaan jou dieselfde kos as twee cheeseburgers en milkshakes by die Spur. Die Woolies in die waterfront hou gewoonlik vars salm aan en dis omtrent R199 per kg. (Ek het mos gesĂȘ die prys is afgryslik) Omtrent R140 vir 'n tweeman-stuk.

Om dit gaar te maak:

Sit die gril (boonste oondrooster) aan.
Smeer die salm met gerasperde suurlemoenskil, sout en olyfolie. (Of gebruik jou verbeelding)
Druk onder die gril in.
Haal dit uit wanneer dit effe bruin en "gebak" lyk aan die bokant. Omtrent 10min of minder.
MOENIE te gaar maak nie, dit moet NIE "doodgebraai" wees nie. Dit moet net begin flake.

Bedien saam met suurlemoen, aartappeltjies en gestoomde groente.

As jy iemand wil bederf, dis 'n baie baie baie beter idee as 'n hamburger en chips!!
Geniet dit!
Dirk

2 comments:

Alisa said...

I used Google translate to read through your delicious recipes.I like what you have here.if you won't mind I'd love to guide Foodista readers to this post.Just add the salmon widget at the end of this post and it's all set, Thanks!

Dirk said...

Hi Alisa
Thanks for the visit and the compliment. I will add the widget.
Best
Dirk