Showing posts with label pampoen. Show all posts
Showing posts with label pampoen. Show all posts

Wednesday 2 March 2011

Huismoles-Butternut-en-lam-gebakte-pot

In my vorige pos het ek vertel van die stoute stew waar ek beesvleis en milkstout in 'n pot in die oond gebak het. Ek het die naweek 'n variasie daarvan probeer met lamsvleis en butternut. Ek is seker daar is iewers 'n naam vir die metode van dit doen, maar ek het my inspirasie vir dit gekry uit die manier wat ek vertel is hoe 'n REGTE brijanie gemaak word:
Jy sit foil in 'n pot wat op die stoof of vuur gebruik word. 'n Goeie laag lensies word onderin gesit, die pot gaan brand en dan word die lensies wat aan die foil vassit weggegooi.

Saterdag was een van daai dae waar gemoedere effe aan die af kant was, kinners was krapperig, tiener humeure, verkeer is moeilik, ek sukkel met die ophou rook, pms, net 'n moeilike dag. Hoe's die gesegde, die gort was gaar? Of dit dalk was dat almal net 'n goeie bord kos in hulle gestel nodig gehad het en of die pot/stew/bredie SO goed was weet ek nie, maar ons het almal 'n baie lekker Saterdagaand en naweek gehad!

Butternut en lam gebakte pot


3 uie in dik ringe gesny
1 koppie gaar barley (ek dink dis gort in Afrikaans)
4-6 groot boud tjops in blokkies gesny.
Paar repies lam ribbetjie of ander effe vetterige lam.
1 pakkie streaky bacon opgesny.
1 Groterige butternut in groot blokke gesny
4-5 Aartappels in dik ringe gesny en gesmeer my olyfolie en sout.
Chickenstock / sop poeier.
Braaisout
Half koppie meel.
250ml room

Braai eers die ribbetjie totdat die lekker bruin is. Gooi dan die res van die lam by en braai dit ook effens. Skep dit uit en sit eenkant. Braai dan die bacon in die lamsvet en skep by die vleis. Braai die uie dan in die pot. Meng die stock/soppoeier met die meel en gooi die bietjie vir bietjie oor die vleis en meng dit deur. Gooi dan die vleis terug by die uie en meng dit effe deur saam met 'n halwe koppie water of ander gepaste vloeistof.

Smeer die pot met botter en pak die gort onder in die pot en teen die rante op. Pak die butternut bo-op die gort. Gooi biejtie braaisout oor die butternut en dan die vleis en uie bo-op. Pak laastens die aartappels in 'n laag heel bo in die pot en sit die deksel stewig op.

Bak die bedryf nou vir ten minstens twee ure in die oond totdat die lam baie sag is. Gooi die room in met so halfuur oor. Ek het dit dadelik ingegooi maar dit het heeltemal verdwyn in die pot en ek sou hou daarvan om nog die room herkenbaar te gehad het. Haal die deksel af as alles klaar is en "gril" totdat die aartappels onweerstaanbaar lyk.

Kyk ook my vorige pos vir meer gedetaileerde verduidelikings vir die metodiek.

Geniet dit!!
Dirk

(ps. Ek belowe om volgende keer fotos by te sit...)