Showing posts with label butternut sop. Show all posts
Showing posts with label butternut sop. Show all posts

Monday 7 March 2011

Taai Butternut Sop

Ek en my geliefde het die week besluit om vir mekaar romantiese etes te maak. Woensdagaand het sy gekook en ek is behoorlik gespoil. Sy het groentesop, 'n gesonde pastei met spinasie en feta en 'n sjokolade modderpoeding gemaak. Die pastei was regtig iets spesiaals en sy sal dit weer moet maak sodat ek kan skryf daarvan.

So ek was nogal onder druk om ook iets spesiaals mee vorendag te kom. My menu was butternut sop, tuisgemaakte pasta met pesto en 'n berry brulee vir nagereg. Die pasta was lekker soos tuisgemaakte pasta en pesto maar kan wees en die nagereg was lekker maar heeltemal te soet. Maar die sop... al moet ek dit self sê, was ongelooflik!

Ek het die basiese idee gekry van die blog van Cooksister en ook iewers gelees dat jy 'n Thai variasie kan maak, so toe eksperimenteer ek en dit was die uiteinde:


Taai Butternut sop

1 Groot Butternut
2 groot knoffelhuisies
1 stukkie vars gemmer
3 of 4 heel Allspice
3 of 4 heel Naeltjies
1 stukkie heel kaneel
2 medium uie
1 Teelepel Thai groen kerrie paste
1 Blikkie Coconut milk
250 ml aangemaakte Chicken Stock, Ina Paarman s'n werk net die beste vir my.
Klein bietjie room
Vars Koljander blare om mee op te dien.

Bak die butternut net so heel in die oond teen 180C totdat dit bruin is aan die buitekant. Laat dit afkoel voor jy dit verwerk. Trek dan die skil af en haal die pitte uit. Mash dan die gaar butternut en sit eenkant.


As jy een van die gadget goetertjies het wat soos twee teesiffies lyk wat toevou waarin jy speserye kan sit om dit uit te haal as jou kos klaar is, is dit die dingetjie om te gebruik, dit werk nogal soos 'n bom. Sit die naeltjies en allspice daarin want jy wil nie een daarvin in jou bord hê nie. Maak die Chicken Stock aan met kookwater en gooi solank jou spices balletjie daarin sodat dit kan "trek".



Sny die uie in blokkies en kook dit in botter saam met die fyn gesnyde gemmer en knoffel totdat dit heeltemal glasig is. Jy kan die kaneel ook solank hierin ingooi. Gooi die stock en cocunut milk en Thai groen kerrie by die uie en laat dit stadig prut. As die uie lekker sag gekook is gooi die gemashde butternut by en laat dit stadig deurkook totdat dit lekker dik is.

 Bedien met bietjie room ingegooi en met die gekerfde koljander blare bo-op.


Geniet dit!!
Dirk