Monday 18 June 2012

Die waarde van 'n smoothie

Ons het begin agterkom die laaste ruk dat te erg darem nou te erg is. Te veel ryk en lekker kos is beslis nie goed vir mens nie. Die besluit is geneem en ons wou uitvars vir 'n ruk. Wat gebeur het was eintlik 'n eye-opener.

Die besluit was om vir 'n week lank alle vette, suiwel, brood (en alcohol) uit te sny. Dit sluit dan ook in alle vleis. Die hoop was om te detox en ons gestelle weer 'n slag in orde kry. Die resultaat was baie meer as waarvoor ek gehoop het.

Twee smoothies 'n dag en dan een of ander vegetarian/vegan dis of slaai vir die ander ete. Ek het 5 kilos verloor in die twee weke ten spyte daarvan dat ons nie 100% gehou het by die plan nie. Maar dit was net 'n byvoordeel. Hoe mens voel is die grootste wen. Slaap beter, geen kopsere meer nie, nie meer opgeblaas nie, en HOPE meer energie.  En dis ook nie asof ons op 'n diet was en honger gely het nie. Ons het geweldige hoeveelheid vrugte gebruik.(O ja, die beste voordeel wat ek gekry het is dat Pschyco Sally spoorloos verdwyn het!)

My gunsteling smoothie is:

'n pomelo (nou baie goedkoop en volop)
'n piesang
halwe suurlemoen (met bietjie van die skil aan)
'n handvol raw chocolate nibs (Rawfoods versprei hierdie, meeste gesondheids winkels)
6-8 blokkies ys.
200ml Soja-melk.
Miskien 'n peer of ander soet vrug.
En een of ander protein.
-Herbalife of Hemp-powder (familie van daga :-)
Ginseng
En as ons het 'n handvol sprouts.

Dis baie lekkerder as wat dit klink en die beste brekfis denkbaar.

Vir midagete of aandete het ek 'n effe meer afgryslike smoothie gemaak, rou wortels en beet en spinasie en weereens 'n protein en ys en vrugte.

Wat die smoothie masjien aan betref, werk die wat jy by die winkels koop net nie. Hulle hou net 'n week as jy hulle hierdie werk gee. Ek het bietjie navorsing gedoen en vir my een van die 3 perde krag masjiene aangeskaf. Dis ongelooflik, dit maak sneeu van ys, dit kan tot meel maak van heel koring. Die 35 sekonde setting is genoeg om al die bestandele bo glad te meng.

In vandag se ekonomiese milue moet mens jouself help as jy kan. Hierdie ouens is bereid om te werk met referrals, so as jy dalk dink om so masjien te kry, gooi my 'n e-mail en hulle sal jou kontak. Prys is R2999. Die ander masjiene in hierdie kategorie verkoop vir omtrent R15000.

dirk.lucas@gmail.com
Hulle website is www.omniblend.co.za
Maar se seblief dat dit 'n referral is vir my.

Persoonlik dink ek buiten vir die pestel en mortar en 'n ordentlike mes is dit seker een van die beste kombuis toerusting wat ek kon kry.

Hou hierdie dop vir nog resepte en fotos daarvan.

Groete!
Dirk





Sunday 15 April 2012

Oor speserye, lamsvleis en kerrie



My filosofie oor lamsvleis is om dit so eenvoudig moontlik te hou, vir 'n ge-eikte gesegde, so van sy ma af.
Lamskenkels in 'n pot met aartappels, uie, wortels, botter en braaisout is seker van die lekkerste potjies wat mens kan maak. Maar dit gese, is daar darem ook toorwerk te doen met speserye.

Lamsvleis Rogan Josh

Dit is die "lekkerste kerries ooit!" om my seuntjie aan te haal, maar hy is 'n charmer en daar is baie keer goed wat die lekkerste ooit is. Maar dit is 'n gereg wat jy met 'n teelepel sal wil eet sodat dit nie op raak nie.

Die basiese beginsel is om die lamsvleis met subtiele geurige speserye in 'n yoghurt en tamatie basis vir lank sag te kook.

As jy amper R100 per kg vir vleis gaan betaal is dit die moeite werd om die ekstra moeite in te sit om die regte speserye te kry in plaas van 'n raja kerrie poeier of so iets. Vir diegene wat in die Kaap is of daar kan uitkom is dit 'n moet om by Atlas Trading bo in Waalstraat uit te kom om speserye te koop as jy ordentlike kerrie wil maak.

Vleis:
Die vleis om te gebruik wat my betref is skenkels of selfs heel lambshank, maar enige lam of skaap behoort te werk. Reken omtrent 300g of 400g per persoon.

Vir die speserye:
1t (Teelepel) Koljander - saad
2t Cumin
2t Poppy saad
+-13 Cardamons (Slegs saadjies - sien onder)
1/4 t swart peper
7 Naeltjies
+-5 stukke/vlinders Mace (of bietjie neutmuskaat as jy nie het nie)
+-5 kerrie blare (curry leaves)
2t Fenugreek

Gooi al hierdie speserye in 'n droe pan en rooster totdat van die speserye begin pop. Skud die pan gereeld sodat die speserye kan draai terwyl dit rooster. Jy kan dit ook in die oond rooster totdat jy begin ruik daar is iets aan die gang. Moenie te lank rooster nie want dit kan maklik brand. Maal dit fyn in 'n pestel en mortar.

Die volgende moet dan bykom:
1/2 - 1 t chillie poeier (Nie te sterk nie, die geheim hier is subtiel)
1t borrie
Sout



Ander bestandele:
Handvol amandels in pestel en mortar bewerk tot amper pulp.
1 Blikkie tamatie puree
Stuk gemmer
4 of 5 knoffel huisies
groot ui
paar aartappels (Opsioneel)
paar wortels (Opsioneel)
1 groot stuk kaneel
koppie of meer plain yoghurt (Gebruik die double cream een as jy kan kry)


Vir die gaarmaak:

Braai die vleis in botter, ja botter, dit gee dit net 'n ander smaak. Braai goed bruin en haal dit uit. Gebruik die uie, knoffel, gemmer en stuk kaneel om die pot te deglaze. Braai dit in die warm pot wat die vleis in gebraai is en gooi miskien 'n klein bietjie water by om al die braaisels in die uie in te kry.
Gooi die vleis terug en gooi 'n koppie water by om dit aan die kook te kry.
Meng nou al die speserye, tamatiepuree en yoghurt by die vleis. Gooi aartappels en wortels in as jy gaan ingooi. Hou bietjie yoghurt oor om in te meng as dit gaar is.

Bak die hele bedryf in die oond vir omtrent 2 ure (150-160 C) tot die vleis begin van die bene afval. Hou dop dat daar genoeg vloeistof in is.

Bedien saam met rys, verkieslik basmati, wit of volgraan.

Notas:
Aangaande Cardamons, moker hulle in 'n pestel en mortar totdat die doppe van die saadtjies geskei is en gooi die doppe weg. Gebruik mengsel van groenes en swartes as jy kan kry. Hulle het 'n baie sterk smaak so moenie te veel ingooi nie.

Om die kerrie in die oond te maak is vir my beter, dit kook langer en daar is minder kans dat dit gaan aanbrand of so iets. Gebruik 'n pot met 'n deksel wat kan dig seel om dit in die oond te bak.

'n Variasie van hierdie resep is om in plaas van tamatiepuree 'n koppie mango puree in te gooi. Dit gee 'n heel ander smaak en diepte aan die gereg. Vir hierdie een moenie yoghurt by die gaar gereg bysit nie.

Geniet dit!
Dirk

Rooiwyn Bees alias Beef Bourguignon

Hierdie een is vir Gwynneth, Julia en Johann se vrou :-)

Rooiwyn Bees
 
Dis seker een van die mees bekendste resepte ooit. Julia Childs se Beef Bourguignon of Beef Burgundy. Die fliek Julie and Julia het dit ook verder bekendheid gegee.

Ek wou die naweek iets spesiaals maak en vra toe vir Gwynneth of daar enigiets is waarvoor sy lus is wat spesiaal is. Sy gee toe te kenne dat sy al lankal lus is vir Beef Bouguignon. Nou ja toe is dit ek en beesvleis en roowyn.

My manier van so iets maak is dat ek soveel as moontlik oplees daaroor en 'n baie goeie idee kry van wat die beginsels is voordat ek dit maak. Ek wou dit so outentiek as moonltik maak en ek dink dit het goed uitgekom... Ek het selfs die oorspronklike TV program (in swart en wit!) afgelaai voordat ek dit gemaak het. Hier is van die skakels om dit af te laai:

Die blog het links na die resepte uit Julia childs se boeke: http://beef-bourguignon.blogspot.com/p/julia-childs-beef-bourguignon.html

Vir die video van Julia Childs se TV program: http://www.youtube.com/watch?v=PrnXvE9Fqdo

Die maak hiervan is eenvoudig, maar dit verg 'n paar stappe, hele paar potte en 'n hele paar uur. Jy het goeie beesvleis nodig, shin werk vir my die beste, dit kan lank kook en dit gee 'n ongelooflike sous. Dit is ook heelwat goedkoper as steak.

Wat hierdie gereg behels is dat die vleis vir omtrent 3 uur lank in die oond bak in rooiwyn (en ander goed). Daar is geen kort pad vir dit as jy die sous wil reg he nie.

Die metode verg 'n hele paar stappe. Die eerste is om die vleis voor te berei.

Tweede is die "stew" daarvan. 2-3 ure in die oond.

Derde is die kook van die uie.

En vierde die voorbereiding van die sampioene.

...en laastens die regkry van die finale sous.

Om alles in 'n pot te gooi en dit te kook gaan nie naastenby dieselfde resultaat gee as die nie.


Benodigdhede

Die belangrikste toerusting vir hierdie is 'n pot wat dig seel en in die oond gebak kan word. Ek wou al lankal een van die Le Cruiset potte gekoop het, maar teen R1400 per pot is die gekheid. Die potte is van gietyster gemaak en is gevoer met emalje (enamel) binnekant. Ons kry toe by Checkers 'n cheapie brand teen R250 per pot! Wat 'n bargain. Ek het nie nog nie een van die ingevoerde Franse brands probeer nie, maar die een doen presies wat dit moet doen. Dis swaar gietyster en dit werk perfek in die oond. (Sien die foto)

Bestandele
1kg Beesvleis (shin of ander snit wat lank gaan neem om sag te kook)
1 liter of meer Rooiwyn (DroeRooi Dooswyn werk goed genoeg)
20 Piekel uie
1 groot ui
1 heel knoffel knol,
Vars tiemie
Lourierblare
Sout
Peper
1 of meer Pakkie knopie sampioene
1 groot wortel.
1 Pakkie bacon
Bietjie meel (half koppie of minder)
Beef stock (Ina Paarman het sulke sakkies wat goed werk)
3 eetlepels tamatie puree en of vars tamaties


Voorberei van vleis

Sny die bacon in blokkies. Sny ook die vleis kleiner as jy groot stukke vleis gebruik. Braai die bacon (nie tot crispy nie, dit moet net gaar word en van die vet vrystel) Verwyder die bacon en sorg dan dat die pot baie warm is en braai die vleis vinnig tot bruin. Moenie alles op een slag doen nie, die vleis moenie tyd kry om juices vry te stel nie. Gooi die meeste van die vet weg en braai dan die groot ui wat fyn gesny is en die wortel wat ringetjies gesny is in die pot. Gooi dan van die rooiwyn by om die pot te deglaze (om al die braaisels los te kry)

Sit die helfte van die bacon en die vleis in die pot wat jy in die oond gaan sit. Coat die vleis en bacon met die meel en bak die in 'n warm oond vir 'n paar minute totdat die meel begin hard word en effe bruin is. Draai vleis bietjie om en bak bietjie langer om dieselfde aan die ander kant te kry. Gooi dan die uie en wortel smoor en die res van die rooiwyn by die vleis.

Sny die heel knoffel knol (met skil en al) in twee sodat dit lyk soos 'n wiel en sit in die pot.  (Dit gaan uitgehaal word as die sous reg is). Gooi lourierblaar, sout en peper in die pot. Gooi Beef stock en nog 'n koppie of twee water in die pot totdat die vleis net net bedek is. Sit ook die tamaties of tamatie puree in die pot. As jy heel tamaties gebruik, verwyder die skil en sny dit op. (Sit tamaties in kookwater vir 'n minuut of twee om die skil af te kry)

Sit die deksel op en bak vir 2 1/2 na 3 ure teen 180-200 C. Loer so na twee ure om te sien of die vleis sag is en hoe die vloeistof lyk. Dit behoort dik te raak en ongelooflik te ruik.

Uie

Gebruik omtrent so twintig klein uitjies. Om hulle te skil kan hulle ook vir 'n minuut of twee in kookwater gegooi word, dan dop hulle skilletjies af. Sny 'n kruis in die onderkant van die geskilde ui. Dit keer dat dit nie stukkend kook nie.

Braai die uitjies in 'n pan met botter totdat hulle lekker goudbruin lyk. Gooi die uitjies in 'n pot met 'n koppie beef stock en die ander helfte van die bacon. Kook dit dan 30 - 50 min baie stadig totdat die uitjies sag is. Laat staan dit dan tot die vleis reg is.

Sampioene

Vee die sampioene met 'n lap of papier af om die bietjie grond af te kry, moenie was nie. Braai hulle in 'n pan met bietjie botter deur die pan te skud en die sampioene te rol. Moenie sout of enigiets opgooi nie, hulle moet heel en droog bly. Braai tot mooi bruin en laat staan tot vleis reg is. (Dit kan vinnig gedoen word net voor die vleis uit die oond kom)

Regkry van sous
 
Sodra die vleis sag is is dit tyd om die finale sous reg te kry.
Julia Childs se resep vra dat jy die sous deur 'n kollander gooi, maar ek het dit nie nodig gevind nie. Verwyder net die knoffel stukke en die takkies van die tiemie en dan behoort dit goed te wees. Moenie die pot te verskriklik roer nie, dit mag die vleis mash.
Die sous wat by die uie is kan effe dikker gemaak word voordat dit by die pot se sous kom. Om dit reg te kry, sit 'n eetlepel of twee botter en netsoveel meel in 'n groterige koppie en sit vir omtrent 20 sekondes in mikrogolf. Roer en dan weer vir 15-20 sekondes. Dit behoort te skuim. Gebruik 'n soplepel en gooi van die sous in die borrelende botter koppie. Dit behoort dadelik dik te raak. Roer dit dan alles terug in die sous.

Jy behoort nou op die vleis omtrent 2-3 koppies wonderlike sous te he as jy alles in die pot terug gooi. Sit alles bymekaar en prut vir 'n klein bietjie om die sous finaal reg en dik te kry. Proe vir genoeg sout ens.

Bedien die gereg in diep bakkies vir die sous se onthalwe. Skep lepels vol kappokaartappels (mashpotatoes) binne die sous. Dit kan ook bedien word met klein gekookte aartappeltjies.

Die kool is die sous werd in hierdie geval. Dit is net eenvoudig 'n ongelooflike sous!

Geniet dit!

Wednesday 21 March 2012

Cajun Pikek Wrap



Prentjie vanaf Taste Tydskrif.


























Ek weet ek was bietjie stil die laaste ruk. Oneindige problem gehad om te hanteer en blogging, gym, fietsry ens was nie baie hoog op die prioriteitslys nie.

Om my hertoetrede tot blogging te begin het ek gedink om die link na Woolies se Taste tydskrif hier in te sit. Hulle het so rukkie gelede 'n Lesers uitgawe gehad en ek was gelukkig genoeg dat hulle my resep gepubliseer het. Vir die fotograaf en shef van Woolies - dit lyk ongelooflik lekker en dis 'n great foto!

Waar dit vandaan gekom het is dat ek begin eksperimenteer het met speserye en die verskillende spesery mengsels. Die cajun mengsel is baie maklik om te maak en werklik lekker. Dit is ongelooflik op gebraaide snoek. Meng dit met bietjie gesmelte botter en smeer mildelik op die snoek en braai dit soos jy dit sou doen in plaas van die gewone appelkooskonfyt en botter.  Ek sal miskien nog 'n behoorlike blog pos daaroor maak.

Hier is die link na Taste Mag se pos oor die resep:
http://www.tastemag.co.za/Recipe-2455/Cajun-chicken-wrap.aspx

Mooibly!
Dirk