Friday 8 July 2011

Naturally Naughty

Gwynneth se muffins het ook nou hulle eie blog:

http://naturallynaughty.wordpress.com/

Op die blog is daar 'n paar fotos van Donderdag se mark.
Kom kuier gerus Saterdag vir ons op Porters Market in Tokai.


Mooibly!
Dirk

Wednesday 6 July 2011

Muffin Update

Ons het twee markte!

Ons gaan Saterdae by Porters Market in Tokai ook wees.
Ook nog steeds op Donderdae op die mark in St Georges mall.

Hierdie week gaan daar heelwat interesante muffins beskikbaar wees, 'n nuwe een is 'n pina colada muffin!
Pynappel en coconut. Ook lemoen en shokolade, wortel(koek)muffin, Thai green curry, feta en olywe en Heuning en amandel. Gwynneth het ook iets genoem van 'n Sweetcorn en chillie muffin.

Die muffins het ook nou hulle eie blog en Facebook profile!!

http://www.facebook.com/pages/Naturally-Naughty/201326106585118
https://naturallynaughty.wordpress.com/


Die weer lyk goed, so kom loer gerus in!

Sien julle daar!
Dirk

Tuesday 28 June 2011

Die stoute muffin

Gwynneth se muffins was so 'n sukses dat ons besluit het om 'n besigheid daarvan te maak. Ons het laasweek die eerste mark gehad maar dit was so triestig en reenirig dat die opkoms nie baie goed was nie. Hopelik hierdie week gaan die weer meer saamwerk.

Donderdag vanaf 11:00 tot 17:00 in St Georges Mall in Kaapstad CBD, die Earth Fair Market.
http://www.earthfairmarket.co.za/
Kom gooi 'n draai en kom proe die muffins. O ja, daar is allerhande ander twak ook daar, maar niks so nice soos Gwynneth se muffins nie, maar ek is bevooroordeeld.

Die gebruiklike bemarkings materiaal is nie alles foefie nie:

Naturally Naughty is a unique and fresh muffin concept. Our concept is to combine healthy and good quality ingredients into a basic muffin recipe and to add the flavour ingredients as individually required.

All our muffins are made from crushed rye, rolled oats, barley flakes, rye flakes, flax seed oil, soy milk, free range eggs and some flour. Some of muffins will have only a little bit of naughtiness added to make them... well just a little naughty!


Our aim is to bake fresh daily and always have a minimum of six flavours available. Some combinations is very unusual and surprising but the "normal" ones will also be available.


By Donderdag se mark sal daar wees:
Lemoen en shokolade (My gunsteling!)
Thai Groen kerrie (Moenie lag voor jy dit nie geproe het nie, dit was uitverkoop op die vorige mark!!)
Heuning en Amandels
Wortel
Feta en olywe
Spinasie en bacon


Groete!
Dirk


 

Tuesday 8 March 2011

Nuwe blog

Vir diegene daarbuite wat nie so magtig is in Afrikaans nie, goeie nuus: Kosserasies gaan nou in Engels beskikbaar wees!!

Nie heeltemal nie, maar ek en Gwynneth het besluit om gesamentlik 'n blog te begin soortgelyk aan Kosserasie stories. So ek sal seker nog van tyd tot tyd hier iets ingooi, maar hoofsaaklik sal dit die nuwe blog wees:
http://one1seven.wordpress.com/ - License to Dice

So gaan loer gerus daar in en laat weet my wat julle dink.

Dankie vir die ondersteuning en die lees van my skribels.

Groetnis
Dirk

Monday 7 March 2011

Taai Butternut Sop

Ek en my geliefde het die week besluit om vir mekaar romantiese etes te maak. Woensdagaand het sy gekook en ek is behoorlik gespoil. Sy het groentesop, 'n gesonde pastei met spinasie en feta en 'n sjokolade modderpoeding gemaak. Die pastei was regtig iets spesiaals en sy sal dit weer moet maak sodat ek kan skryf daarvan.

So ek was nogal onder druk om ook iets spesiaals mee vorendag te kom. My menu was butternut sop, tuisgemaakte pasta met pesto en 'n berry brulee vir nagereg. Die pasta was lekker soos tuisgemaakte pasta en pesto maar kan wees en die nagereg was lekker maar heeltemal te soet. Maar die sop... al moet ek dit self sê, was ongelooflik!

Ek het die basiese idee gekry van die blog van Cooksister en ook iewers gelees dat jy 'n Thai variasie kan maak, so toe eksperimenteer ek en dit was die uiteinde:


Taai Butternut sop

1 Groot Butternut
2 groot knoffelhuisies
1 stukkie vars gemmer
3 of 4 heel Allspice
3 of 4 heel Naeltjies
1 stukkie heel kaneel
2 medium uie
1 Teelepel Thai groen kerrie paste
1 Blikkie Coconut milk
250 ml aangemaakte Chicken Stock, Ina Paarman s'n werk net die beste vir my.
Klein bietjie room
Vars Koljander blare om mee op te dien.

Bak die butternut net so heel in die oond teen 180C totdat dit bruin is aan die buitekant. Laat dit afkoel voor jy dit verwerk. Trek dan die skil af en haal die pitte uit. Mash dan die gaar butternut en sit eenkant.


As jy een van die gadget goetertjies het wat soos twee teesiffies lyk wat toevou waarin jy speserye kan sit om dit uit te haal as jou kos klaar is, is dit die dingetjie om te gebruik, dit werk nogal soos 'n bom. Sit die naeltjies en allspice daarin want jy wil nie een daarvin in jou bord hê nie. Maak die Chicken Stock aan met kookwater en gooi solank jou spices balletjie daarin sodat dit kan "trek".



Sny die uie in blokkies en kook dit in botter saam met die fyn gesnyde gemmer en knoffel totdat dit heeltemal glasig is. Jy kan die kaneel ook solank hierin ingooi. Gooi die stock en cocunut milk en Thai groen kerrie by die uie en laat dit stadig prut. As die uie lekker sag gekook is gooi die gemashde butternut by en laat dit stadig deurkook totdat dit lekker dik is.

 Bedien met bietjie room ingegooi en met die gekerfde koljander blare bo-op.


Geniet dit!!
Dirk

Wednesday 2 March 2011

Huismoles-Butternut-en-lam-gebakte-pot

In my vorige pos het ek vertel van die stoute stew waar ek beesvleis en milkstout in 'n pot in die oond gebak het. Ek het die naweek 'n variasie daarvan probeer met lamsvleis en butternut. Ek is seker daar is iewers 'n naam vir die metode van dit doen, maar ek het my inspirasie vir dit gekry uit die manier wat ek vertel is hoe 'n REGTE brijanie gemaak word:
Jy sit foil in 'n pot wat op die stoof of vuur gebruik word. 'n Goeie laag lensies word onderin gesit, die pot gaan brand en dan word die lensies wat aan die foil vassit weggegooi.

Saterdag was een van daai dae waar gemoedere effe aan die af kant was, kinners was krapperig, tiener humeure, verkeer is moeilik, ek sukkel met die ophou rook, pms, net 'n moeilike dag. Hoe's die gesegde, die gort was gaar? Of dit dalk was dat almal net 'n goeie bord kos in hulle gestel nodig gehad het en of die pot/stew/bredie SO goed was weet ek nie, maar ons het almal 'n baie lekker Saterdagaand en naweek gehad!

Butternut en lam gebakte pot


3 uie in dik ringe gesny
1 koppie gaar barley (ek dink dis gort in Afrikaans)
4-6 groot boud tjops in blokkies gesny.
Paar repies lam ribbetjie of ander effe vetterige lam.
1 pakkie streaky bacon opgesny.
1 Groterige butternut in groot blokke gesny
4-5 Aartappels in dik ringe gesny en gesmeer my olyfolie en sout.
Chickenstock / sop poeier.
Braaisout
Half koppie meel.
250ml room

Braai eers die ribbetjie totdat die lekker bruin is. Gooi dan die res van die lam by en braai dit ook effens. Skep dit uit en sit eenkant. Braai dan die bacon in die lamsvet en skep by die vleis. Braai die uie dan in die pot. Meng die stock/soppoeier met die meel en gooi die bietjie vir bietjie oor die vleis en meng dit deur. Gooi dan die vleis terug by die uie en meng dit effe deur saam met 'n halwe koppie water of ander gepaste vloeistof.

Smeer die pot met botter en pak die gort onder in die pot en teen die rante op. Pak die butternut bo-op die gort. Gooi biejtie braaisout oor die butternut en dan die vleis en uie bo-op. Pak laastens die aartappels in 'n laag heel bo in die pot en sit die deksel stewig op.

Bak die bedryf nou vir ten minstens twee ure in die oond totdat die lam baie sag is. Gooi die room in met so halfuur oor. Ek het dit dadelik ingegooi maar dit het heeltemal verdwyn in die pot en ek sou hou daarvan om nog die room herkenbaar te gehad het. Haal die deksel af as alles klaar is en "gril" totdat die aartappels onweerstaanbaar lyk.

Kyk ook my vorige pos vir meer gedetaileerde verduidelikings vir die metodiek.

Geniet dit!!
Dirk

(ps. Ek belowe om volgende keer fotos by te sit...)

Sunday 13 February 2011

Stoute Stew

Ek het die twee rump steaks in die vrieskas ontdek en wou iets spesiaal met hulle doen. Nie net die gewone nie. Vir inspirasie kry ek toe 'n resep waar hulle milk stout gebruik in 'n stew met beesvleis. Ek het my eie variasie hiervan gemaak en dit was 'n absolute wenner wat ek weer sal maak.

In kort, het ek die steak in blokkies gesny en saam met bacon en groete en die stout in 'n bak gepak bo-op 'n laag barley. Dit word dan in die oond gebak met 'n laag dun gesnyde aartapels bo-op. Gwynneth het dit gedoop Dirk se stoute stew.

Stoute Stew
2 Groot rump Steaks
450ml Castle Milk Stout
Pakkie Streaky Bacon
6 knoffel huisies
2 groot uie
2 rooi chillies
2 eeltepels Ina Paarman se Beef Extract
1/2 koppie meel
4 Wortels
4 Aartappels
1/2 koppie water
1 koppie Barley
Sout soos nodig

Sit eerste solank die barley aan die kook saam met twee koppies water. Sodra die vinnig kook sit dit stadiger sodat dit prut solank jy die res van die werk doen. As dit droog gekook het sit dit af, dit gaan in die oond verder gaar word. Dit moenie kokend warm wees as jy dit later in die bak gaan sit nie.

Sny uie blokkies en sny knoffel en chillies fyn.
Sny die vet van die steaks af en sny in klein blokkies.
Sny die res van die steaks in blokke
Sny ook die bacon in blokkies.
Die aartappels word in 30-40mm dik ringe gesny.
Die wortels het ek in die lengte deurgesny in groot julliene repe.

Maak die pot lekker warm en braai dan eerste die vet van die steak in warm olie tot dit omtrent uitgebraai is. Gooi dan die steak blokke by en braai vinnig to bruin. Moenie dat dit te lank braai nie. Skep die steak uit en braai dan die bacon tot ook effe bruin. Skep dit ook uit en gooi dan die uie, knoffel en chillies in die pot om te deglaze. Gooi ook bietjie van die milk stout in om te deglaze as dit nodig is.  Braai die uie mengsel tot dit mooi glasig is.

Meng die meel en beef extract en gooi dit bo-oor die steak en bacon en meng dit goed deur.

Sit nou die steak en meel mengsel terug in die pot saam met die uie en gooi die res van die milk stout oor. Moet dit nie te veel meng nie, net genoeg om alles mooi in die pot te versprei.  Prut dit nou baie stadig terwyl jy die barley en die bak regkry om in die oond te sit.

Smeer 'n diep bak of pot wat in die oond kan gaan se bodem en sye goed met botter. Gooi die barley onder in die pot en druk dit effe teen die kante van die pot op.
Pak die wortels in 'n laag op die barley. Meng 'm half koppie water effens in die steak en gooi nou die steak mengsel op. Eindig die pot met die skyfies aartappels bo-op. Gooi sout op die aartappels en smeer die bokante daarvan met olyfolie.
Sit die deksel op en bak vir 90 min @ 180C
Haal die deksel af en sit die die gril aan vir 'n paar min om die aartappels lekker mooi te maak.

Enjoy!!
Groete
Dirk